Jy
Jy!
Eens was jy in die kamers van my hart,
al wat nou daar woon is seer smart.
Elke hartklop versprei die pyn,
alle hoop het weggekwyn.
Hart-verskeurd dwaal ek deur die dag,
laken-stoeiend worstel ek met die nag.
Vroeg een oggend kry ek jou sms:
Ons moet praat! Kom vir koffie net na ses.
Hoop so lank verlore word weer gebore,
twyfel en vrees kom spook tussen my ore.
Presies op die uur stop ek voor jou deur,
met hoop en vrees wat my van binne verskeur!
Die deur swaai oop en daar staan jy
met die mooiste glimlag spesiaal net vir my.
Ek storm na jou teen die trappies op,
nie vrees of twyfel gaan my nou kan stop…
deur Stephan Uys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.