Jongste aktiwiteit:

Die pienk prinsessie

Die Pienk Prinses

Die prinsessie in pienk het by die venster gestaan,
oor haar sagte wang, biggel ʼn traan.
Buite haar ruit gaan die lewe sy gang,
maar sy’s ingehok, in ʼn paleis vasgevang!

ʼn Ridder verskyn een dag voor haar deur,
net één kyk na haar, en daar was geen keer!
Hy het ouers gevra voor die end van die week,
en ʼn groot diamant aan haar vinger gesteek.

Met ’n soen op die wang, en nog drie op haar mond
vertrek hy een more, nog voor oggend stond.
Hy het plegtig belowe oor ʼn maand is hy terug,
hy wuif haar ʼn soentjie voor hy verdwyn oor die brug.

Die jaar het gedraai, die winter breek koud.
Sy ‘een maand’ belofte, is nou al ses maande oud.
Tog staan sy getrou voor haar venster en loer
vir daai prins op sy perd wat haar hartsnare roer!

Vroeg een oggend, is daar ʼn hengse kabaal,
die prins is half-dood uit die rivier uitgehaal!
Vir vyf dae het die prinses oor sy lewe gewaak,
nie eers die dokter kon sonder haar aan hom raak!

Die prinsessie in pienk het by die venster gestaan,
oor haar sagte wang biggel ʼn traan.
Buite haar ruit het haar prins nou kom staan,
vanaand na die troue, gaan hul dans in die lig van die maan!

deur Stephan Uys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Elize Kruger het ‘n nuwe publikasie gemaak