Jongste aktiwiteit:

Te naby my

Januarie projek

Silwer

Te naby my

jou hande het te klein geword

om my vas te hou

my tentpenne moes ek verder inslaan

sodat my skadu steeds skuiling kon bied

aan die siele wie se dag sterf

soos ‘n rot op sy rug

ek het losgeraak van die pyn en seer

en van jou so teenaan my

ek verrys nou uit die deinserigheid

van nodelose nabyheid

vérder as jy fokus my vrede nou

en arseer die fondamente van

vaste vensterverdiepings

so hoog

ek het nou opgestaan

om my eie horisonne te breek

omdat ek moeg geword het

vir die onsiende gestaar na

wie ek eintlik is

want jy leef hopeloos blind en bot

te na aan

my

(C)MCH




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed