trippel
trippel trappel tone
klouter jou musieknote
deur my siel vanoggend
speel jy op jou klassieke
snaarinstrument fyn
soms neurie wysie
soms opruiend
heeltyd
musikaal perfek
gerek van skaal tot skaal
diep agter se emosies gaan haal
bring trane in my geestes oë
van destyds by die stroom
waar liefde mos wou woon
verklarings van gemoed
vir altyd klink goed
maar iets soos
die lewe
het dit
anders bepaal
net nog jou
liewe note
wat
straal
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.