verwonder
turkoois gekleurde tapisserie
verfkwas van die Skepper in pastel
in verwondering staar my oë daarna
meesterstuk wat in minute ontplooi
voor my verander die vaalgrys
in towermooie rooi-oranje
sifwolkies wat telkens
in helder rooi glim
dan is die oomblik
soos elke nuwe
ook weer
verby
bly
net my
warm hart
dankbaar
klop
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.