Jongste aktiwiteit:

Seisoensgewys

Silwer

In die borrelblydskap van lente se prag
sprei ek my arms en flonk in my jongmenskrag
ek bloei lote en blom vreugde sonder perke
staan asemrowend stom oor al my werke.

In die glimlagdans van goue sonlig
was my treë huppelvrolik en lig
ek het fors en sterk my wortels laat gedy
met sekerheid op my lewensbaan gegly.

In die treursang van herfs se kleurvolle drag
sleep my voete as ek stapsgewys my lewe betrag
ek wonder of lewe dan net leë eggo’s weerklink
wat stil en hartseer op elke oranje blaartjie blink?

“In die ryptrap van ‘n winterlandskap waar koue byt
trek ek die snoesige jassie en pantoffels haastig uit
besef met ‘n ysige knal waar sneeuvlokkies veersag val
lewe is tot aan die einde- tot wanneer die kluite knal.




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed