seewier
–
wierelier, wierelaar
buig seegras sagkens
in maalstroom van die see
heen en weer draal die slierte
soms bruin tot swart geblaar
maar teen die riwwe, groen
lewenskragtig en tergend
seewier, tuin van eden
vir wye verskeidenheid
van lewensvorme
wat daarin speel
daaraan suig
en lewe
vind
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.