wysheid
sy het haar hoofdeksel afgehaal
haar hoof ontbloot aan die wêreld
elke haar en styl bekendgestel
openlik verklaar wie sy was
onvoorwaardelike oorgawe
hoe verkeerd dit ookal was
reg daarteenoor ware betekenis
van wysheid virewig prysgegee
aan duiwelse magte van verval
van diep binne en oneindig ver buite
kom daar die oplossing
die ewige koninkryksbelofte
Sy Woord word vlees
tydelik vlees
maar met
ewige Gees
wat die
onrus-wese
weer veilig terugbring
onder Sy vleuels
van geregtigheid
liefde – hoop – geloof
van alle menslikheid
gestroop
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.