Briewe van my pa
Dit is ‘n koue wintersdag in september,donker wolke wat die hemel verdonker so asof duisternis sy aangesig wys,maar die duister wat ontkiem is van ‘n ander soort.
Gaan julle tweetjies en gaan koop gou brood en melk vra moeder sagliks net om die somber gevoel in die huis te begogel,om die hartseer wat kom te verlig.
Oom Barrie spring los oor die heining hardloop in die kamer tot waar Jack se asemlose liggaam deur die gille van sy geliefkoosde vrou hom wil terug roep aarde toe,”laat hom gaan” sê Barrie.
Flekkie en boesman sou selfs met trane uitstort as hul maar kon maar hul treur en weenery kon mens ook maar aanvoel.
Brief een:
Halo pa ek verstaan nie hoekom ons moes trek nie en boesman en flekkie agterlos?
En die mense hier is vreemd blykbaar ken ons hulle al van baba se tyd af,maar ja die huis het ‘n swembad en n groot pakhuis buite waar al ons goed opgehoop lê,en ek het ook nie my bmx gekry nie.
Ek dink nie sus verstaan nog so mooi nie die begrafnis was maar n dowwe affêre ons het meer by die rondomtalie gespeel.
Groete jou seun.
”Seun”
‘n mens kan nie al jou verlede saam dra nie sekere dinge word geoffer en ander geneem en in die vreemde leer mens hernuwing,dis maar net van toepassing dat met tyd kom verandering.
Onthou om jou daaglikse take te voltooi,onthou jou plig en staan jou moeder by met take in die huis en vergeet van die waarde in aardse besittings dis tydelik.
Hou jou sus veilig sy…….sy is my klein prinsessie en ek neem julle nie kwalik dat julle vreugde kon vind in so somber dag nie.
My liefde bly altyd met julle,
Jou vader.
©morné du preez
(hierdie is ‘n die konsep van ‘n boek wat ek wil skryf,as die formaat sal werk?)
2 Kommentare
-
Kiekies
Hierdie tema kan goed werk vir n vollengte verhaal. Doen net so bietjie versorging van spelling en puktuasie, voor jy plaas. Sommer net uit respek vir die leser.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Morne, tans word net gedigte in die slypskool hanteer. Daar sal later in die toekoms ook aandag aan die verhale, rubrieke, artikels ens aandag gegee word.