Jongste aktiwiteit:

Die smal weg …

GEE! my, my erfdeel eis die jong seun blatant
en volg die GPS-koördinate in sy kop gekarteer
oor berge en dale na ‘n vêr-vêr vreemde land
sonder gids of leiding om dwaalpaaie af te weer

in ’n losbandig lewe het hy hom daar begewe
tussen vreemde vriende gaan bly
sy erfdeel onder die hoere uitgelewe
geglo hy is vry om vir ewig onder hulle te bly

breed is die pad wat na die verderf lei
smal is die weg wat na ’n nuwe begin lei

toe kom daar hongersnood in daardie vreemde land
geen meer vriende eensame armoede was sy lot
tussen varke en peule as oppasser beland
afgesonder … eensaam … sonder God …

moedverlore sit hy op ’n klip en kwyn
vuil verweer sonder skoene aan sy voete
sy erfdeel onder mooiweersvriende en hoere verdwyn
‘sal my vader my verwyt as ek omkeer my roete?’

breed is die pad wat na die verderf lei
smal is die weg wat na saligheid lei

dan neem hy ’n kwaliteitsbesluit
ek sάl opstaan, en na my vader gaan – my sondes bely
niemand durf my stuit dít is my besluit
MAAK! my net ‘n dienskneg om in u huis aan te bly

sy vader sien hom van vêr af aankom
en haas om hom tegemoet te gaan
die hereniging was ope arms vir hom
terwyl sy vader hom groet en die weg huis toe baan

breed is die pad wat na die verderf lei
smal is die weg wat na ’n nuwe begin lei

die vetgemaakte kalf is vir hom geslag
die kleed van mag om sy skouers gehang
aan sy vinger blink ’n goue ring van gesag
en nuwe skoene het sy voete bemag

daar was blydskap in die hemel
vreugde het onder die engele skaar uitgebars
die seun is nie meer kaalvoet tussen varkpeul en semel
maar sy naam is opgeteken in die hemel

breed is die pad wat na die verderf lei
smal is die weg wat na ’n nuwe begin lei

——-ooo000ooo——-
(© Kopiereg: Pieter Mostert)

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Braam het n geregistreerde lid geword

  • Paul Kloppers het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak