ROOS VAN MY HART
ROOS VAN MY HART
ek hou die mooiste roos in my hand
klou ek vas aan ons mooiste drome
die enigste blom hier in my hart
vasgevang in ons liefdes strome
son en maan sal kom en gaan
hou ek jou vas in die silwermaan
omvou in my hart se liefdes some
elke dag deel ons die mooiste drome
dit kom en gaan so stadig verby
jou liefde maak my hart weer bly
my hart lewe en sing vir jou
ek is dol gelukkig saam met jou
©Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.