Dis weer lente in die Laeveld…
Hierso, tussen nuwe lewe
en oorstelpend-mooie niks
wonder ‘n mens soms somber
waarom hierdie wêreld
so holderstebolder is…
…onder die skadukol
van ‘n kameeldoring
het ‘n sebravul na sonop
haar eerste asemteug geneem
waar sy japtrappies later
loop-en-val in strompelgang
teen haar trotse ma kon steun
‘n entjie verder langs die voetpad
wat na die boggelkoppie lei
het ‘n (dood)bang njalama
haar volmaakte baba
daar, tussen die spriete
wees-alleen gelos
en haarself en haar liefde
agter ‘n sekelbos versteek
met die vangstrik om haar nek
wat boekdele van die mensdom
se morele waardes spreek.
© Loretta Szikra 20220901
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.