Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Dis weer lente in die Laeveld…

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 2 September 2022 Aantal woorde: 98 87 Kere gelees 6

Hierso, tussen nuwe lewe
en oorstelpend-mooie niks
wonder ‘n mens soms somber
waarom hierdie wêreld
so holderstebolder is…

…onder die skadukol
van ‘n kameeldoring
het ‘n sebravul na sonop
haar eerste asemteug geneem
waar sy japtrappies later
loop-en-val in strompelgang
teen haar trotse ma kon steun

‘n entjie verder langs die voetpad
wat na die boggelkoppie lei
het ‘n (dood)bang njalama
haar volmaakte baba
daar, tussen die spriete
wees-alleen gelos
en haarself en haar liefde
agter ‘n sekelbos versteek
met die vangstrik om haar nek
wat boekdele van die mensdom
se morele waardes spreek.

© Loretta Szikra 20220901




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 159
Kommentaar telling: 217

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 186 gaste aanlyn

Bydraes – Argief