groet
hoe groet mens ‘n fenomeen
sê mens: “tot weersiens” aan hom
tyd om voor te berei is daar soms nie
seldsaam dat jy lank vooruit kan verwag
meestal gebeur dit sommer net
op die dag dat jy dit nie verwag
heen en weer passer mense-siele
maal en skaaf hul teen mekaar
wat oorbly is net genade
genade om te kan glo
in dit wat jy nooit
sal kan sien
nie in nou
se aardse liggaam
uit genade alleen
ėėndag in
‘n nuwe
lied
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.