Ek mis jou (net soms)
My duim
het die gewoonte
om oor my ringvinger te streel
onder
aan die binnekant van my hand
en my hart
het die gewoonte
om dan soms verras
verbaas
uitgeboul
half hartseer te voel
omdat dit nou kaal is …
soms
soos vandag
jare later.
© Anria (2016/02/03)
4 Kommentare
-
Somerreën
Uitgeboul.... jy sê altyd meer as wat woorde kan sê....lief die een xx
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Pragtig geskryf. Beslis een van my gunstelinge.