hunker
soms is dit onverteerbaar
deur die mis van al sy gisters
deur nagte se drome en gedagtes
opgesomde drome en gedagtes
saamgestelde verklarings
onweerlegbare hunker
na wat was
na wat kon
gewees het
sleurende
eensame
uitkomste
wat vaag
sonder
enige
toekoms wink
hunker eerder na mōre
se onsekere verwagting
waar beloftes nog
realiteite kan
word
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.