nuut
Brons afd
Nuut
Salomo,
ek sal jou glo
in jou spreuk
dat niks nuut is –
hier benewe of bo.
Dat alles wat ís
al wás
en sal wees.
Jou wysheid verklaar
dat God ewig sal heers.
Tog, Salomo,
vir my is dit nuut
as die uitspansel rys
en die sterre verskiet
in die see se getye
wat eb en taan
het God se genade
Nuut oor my siel gegaan…
…en my nuut gelos.
Salomo
die oue is verby
en elke dag
is nuut vir my!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.