ravyn
die klowe van sy brein
raak al hoe groter en wyd
fisiese gebeurtenisse beteken
op sy breinstempel se databasis
gisters word vandag se klaarheid
vandag se realiteit verdwyn in mis
so kom en gaan die see uitsigte
van sy balkon deur digte mis
tot helder sonskyndae
wanneer alles blink
duidelik opklink
in Mozartnote
van mooi
en reg
teenoor gister
se onreg en lelik
wat dreig om alles
te beswadder
in modder
kwas
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.