
hart-vol
–
somer het sy merk
hier oor my duin kom maak
van nou af die regte egte weskus
met sy droë hittegolwe bedags
wat soms deurnag diens hou
–
strakkies luister
ek na elke voëlgesang
hier net na eerste lig
wanneer dag breek
en my hart vol is
–
lees ek tussen lyne
vind ek soms snaakste
begeertes van mens se hart
opborrel in hul woorde
wat tyd en plek soek
–
onbewustelike uiting
van wat hul hart van oorloop
in wat hulle so graag wil sê
maar soms nie braaf is
om te openbaar
–
waar die hart van vol
is loop die mond (skrif)
mos meestal van oor
soveel nyd kom uit
in sigbare kleur
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.