vreugde
wat verbly jou siel
wat laat jou hart jubel
laat jou warm van liefde
uitbundig van gees wees
doen dit, want dit is goed
dit maak die gees jonk
verminder die pyne
van oud wees
wat maak jou dag donker
laat duister oor jou son daal
maak jou hart sy maat verloor
al die onreg, die geweld van nou
kan ek hierdie aanslag weghou
myself verskans daarteen
slegs geloofsekerheid
glo in lewende God
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.