Kan Iemand My Hoor
Kan Iemand My Hoor!?
Sien jy die stof, of maak my gemoed se bloed dit dof?
Kettings van berou sleep swaar spore agter my aan.
Ek was wreed, ek was verkeerd.
Spiese van haat steek nog in my rug.
Hekse vervloek my steeds.
Hier in die lewe se kaak het ek beland.
Maak my eerder net van kant.
Waar is my hoop, waar is my droom?
Elke liewe dag moet ek probeer oorleef.
Maar vir wat? Vir wie?
Mag ek nog net een keer voluit leef.
Die smaak van lag proe soos die rykman se wyn.
Vergeet die roem, die rykdom wat was.
Was my skoon. Vat my kroon.
Mag ek asseblief ook weer net leef.
Kan iemand daar buite my hoor?
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.