stapelvis
gespan soos die snaar van ‘n boog
hang daar vissies in sonlig en droog
spierwit van sout en verkoop by ton
strandloperskos, hulle van afrika son
gedroogde vis vir afrika en bokkoms
kariba tot by die weskusser se afkoms
kapenta, harders en skoolvis omhoog
miljoene visse, genet, gesout, gedroog
voedsel vir daar waar beeste nie kan
maak en maal iets soos pap daarvan
rou of maak dit soos mopani-wurms
©Teárlach
“velrif”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.