arm van gees
soms, wanneer daar geen wind
oor die fynbos duine waai nie
sit ek sprakeloos en kyk
na die hemelse krag
van vorm en skep
soms wanneer my hart stil word
en geen gedagtes wissel nie
nederig in afhanklikheid
van die hemelse krag
wat my vorm
my gees galop in vreugde
oor my afhanklikheid
van Hom wat leef
wat my beskerm
wat my lief het
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.