Jongste aktiwiteit:

Die aanbou van my nuwe basis.
vir

Die aanbou van my nuwe basis.

Ek sou moes weg van die Linyati af, logisties was dit net te moeilik in die reentyd en aangesien my nuwe betrekking nuwe doelstellings en nuwe mikpunte gehad het en ek merendeels met die bevolking sou werk, moes ek suidwaarts gaan. My doel was om in die groter Chobe my nuwe plek te maak, die probleem was die beskikbaarheid van standhoudende water. Ek wou nie te ver van die Linyati of die Savuti wees nie en ook naby genoeg aan die die Delta. Paaie het bykans nie bestaan nie en weer het my grens agtergrond baie handig te pas gekom. Op hierdie stadium het ek die bos van Afrika geken en sy nukke en grille en sy natuurgebondenheid. Ek wou soos altyd tussen diere wees en ook nie te naby mense nie. Mark M’Clean, die mal loods, het werk gekry by die regering as ‘n opleidings loods, hy was in bevel van lugmag loods opleiding en ek het dat hy sestig uur boek met ‘n ses sitplek helikopter en hy en sy span het by ons opgedaag. Kabous en Jakkie en Monica moes saam vlieg om foto’s van die plek te neem om dit vir die argitekte voor te le. Ek wou die mees sentrale plek he wat ook die mees praktiese sou wees.

Toe ek en my ouers en Jeannie saam was by die Gubacha heuwels het ek water en fonteine uit die lug gesien maar na die leeu my daar wou vreet, was ek lugtig vir die plek. Prof. Fritz en ek het by ‘n baie mooi plek geslaap een aand en die plek het by my bly spook. Dit was teen die voet van die heuwels aan die noord-oostekant, die leeus was baie lastig die nag. Hy het my gese dat daar sterk standhoudende fonteine in die grotte en kliprante sou wees en die wild bevolking was astronomies. Kaarte het nie werkilik bestaan nie en paaie was net ‘n gedagte. Dit was die dae voor “ GPS’e” en ons kon net ‘n kompas gebruik.

Die deel wat ek in gedagte gehad het was werkilk ongerep en die hoe leeu getalle van die sentrale Chobe het veeboerdery daar onmoontlik gemaak. Daar was baie buffels op die vloedvlakte en bykans alle soorte wild sou in ‘n oormaat voorkom. Die heuwels was van die mees ongerepte dele want baie roofdiere sou daar woon en kleintjies kry, tog was daar duisende boesman tekeninge met ‘n geweldige sentmentele waarde vir die Haikum en die !Kung mense. Veral die !Kung sou minstens een maal per jaar migreer en hier kom en die maan aanbid tydens ‘n nuwe maan. Hulle was die leeus gewoond en met hulle veldkennis en die bonatuurlike sou hulle tussen die diere oorleef.

Ons het die heuwels uit die suide genader en al oor hulle gevlieg. Hulle was volgens die loods dertig myl lank en oral kon ek water en fonteine sien wat net ‘n ent sou loop en dan in die sand wegraak. Omtrent ‘n myl van die noorde einde van die heuwels was die plek wat by my gespook het en ons het daar gaan land. Dit was mooier as mooi. Drie reuse Kremetarte het mekaar gestaan en oppas, een so effens hand in die sy, omring deur baie groot Wildevye en Knoppies doring en Hardekool, Mopanies en Maroelas. Dit was so ‘n effense hoe grond met die vloedvlakte en sy troppe wild na die noord-ooste kant toe. Dit was die plek waar ek en prof. Fritz geslaap het en ek het die heuwels gaan deursoek vir water. Jakkie wat ‘n baie praktiese mens was, het my vergesel. Dit was nog nie die reenseisoen nie en water wat nou nog beskikbaar was sou defnitief standhoudend wees. Ons het baie nuwe soorte wild in die vreemde klipkoppies gekry en dit was weer amper of ‘n luiperd wou ongeskik raak oor ‘n steenbok. Ons het ‘n baie sterk fontein hoog genoeg gekry om met gravitasie te kon loop per pypleiding tot waar ek dit wou gehad het. Toe ek die dag die pypleiding laat le was hy volgens my dagboek 9,917vt. lank. Dit sou ‘n 100mm. pyp wees in die ou taal 4 duim en hy het dag en nag bykans vol geloop. Water sou genoeg wees.

Omdat Katwindi saam met my sou trek en al die veld kennis gehad het wou ek dit eers met hom en Selby bespreek. Selby het die wereld geken en kon my net goeie raad gee. Hy het ook al baie kampe gebou en het geweet wat die behoefte was. Monica en Kabous was baie jaloers op die plek en hulle het die foto’s en die rolprent kamera gehad om dit vir Kabous se pa se argitekte voor te le. Selby was in vervoering oor die plek en volgens hom was dit die mooiste wat ek kon kies weg van die riviere af. Ons is met die helikopter soontoe en ek het vleis en sy Jack Daniels saam geneem.

Na lang beplanning en langs die vuur het ek hom stip aangekyk en gese.

”Oom I want you to give this place a name. Not an ordinary name, a name that will describe the place and it must always remind you of the bond that exists between me and you.”

Hy het die glas met whisky en ys stadig met sy regterhand geskommel, dit was altyd vir my snaaks dat hy linkshandig was, maar met sy regterhand sy whisky sou drink.

“Boertjie, thank you for the honour, name it after the meanest of them all, for me the ultimate of hunting, name it Nyati, the buffalo being so plentifull here will describe it the best.”

Hy het my hand geneem en ek kon die trane in sy ysbloue oe sien.

“Thank you Oom, Nyati will always remind me of you.”

So is Nyati gebore en sou later deur die staat “Selby’s Camp” herdoop word toe sy seun vanaf Makuku na die Chobe sou skuif.

Ek het met Peter Williams oor die satalietfoon gepraat en sy goedkeuring gesoek en sy antwoord was dat ek ‘n oop tjekboek gehad het en so vinnig as moontlik moes voortgaan. Hulle sou die finale inspeksie oor ses maande na die verkiesing doen. Hy het n staats aankoop boek by my laat aflewer en sy regerings goedkeuring en ek en Kabous se pa sou moes bymekaar kom. Sy pa was onder andere ook mede eienaar van Murray en Roberts en hulle het al van ons militere bassise in die Caprivi gebou en ook dele van die sg. Golden Highway wat tussen Katima en Ovamboland geloop het. Dit moes alles opslaan geboue wees en geen sement was op my aandrang gebruik nie. Dit moes kon verwyder word indien nodig. So min as moontlik bome moes verwyder word en die natuur moes so min as moontlik versteur word. Hulle het die bassise op die grens so vinnig gebou dat ons baie male weg was op operasies en sou terug kom na twee weke en dan sou daar ‘n nuwe basis bykans voltooi wees. Hulle het die behoeftes van Afrika verstaan en alle werk sou ‘n dertig jaar waarborg he. Hy het ons met die vliegtuig op Maun kom haal en ek en sy seun en Jakkie en Monica kon vir vyf dae by hulle huis by Hartebeespoortdam die finale planne maak en ek is terug met die argitekplanne na Peter Williams en ek het aangedring op die president se goedkeuring en sy handtekening wat ek wel gekry het.

Daar is eerstens begin met die pypleiding wat sou water verskaf en die surplus water wat baie was, het ek ‘n kunsmatige watergat laat maak voor die basis wat so twee hektaar groot was. Die pyplyn is begrawe en die oog van die fontein toegemaak om bobbejane en ander diere van die water weg te hou en te keer dat hulle daarin mors. Die Chobe se diere sou bykans op my voorstoep kom drink. Die hele plek sou vyf hektaar groot wees, met ‘n baie stewige heining afgekamp word, met net twee hekke. Hoewel die heining teen my sin was, was dit ‘n wilde woeste wereld met baie meer wild as enige park wat ek van geweet het. Die mense moes beskerm word teen wilde diere.

Daar is ook skokdrade opgesit en twee enorme kragopwekkers is deur Atlas vir ons afgelewer met die waarborg dat ek hulle nie wou hoor dreun nie. Hulle was baie stil en buite die kamp agter omheinings. Daar moes eenmalig voorsiening gemaak word vir alle menslike behoeftes want ek is vooraf gese dat daar nie weer gebou sou word nie. Ek het besluit dat daar slaapplekke en leefruimte vir ‘n honderd mense moes wees. Die toekoms was duister en ek het nie geweet hoe dinge sou of kon eskaleer in die toekoms nie. My huis wat nege vertrekke gehad het, sou eenkant wees en daar moes administrasie kantore wees en ook gaste plekke. Daar moes ook vir Selby se jagonderneming voorsiening gemaak word en ons sou moes jag in die park en het dus die nodige geriewe nodig gehad. Die boesmans wat elke jaar kom migreer het moes ook binne my heining slaap want ek sou nie leeus onnodig in die park skiet nie.

Die hele basis is baie mooi uitgele rondom die groot Kremetarte en onder die natuurlike bome en ons glasvesel swembad sou die middelpunt van die basis wees. Ek sou van die inheemse bevolking huur en daar moes vir hulle slaapplekke wees. Hulle sou op ‘n basis van vier nagte inslaap en drie uitslaap werk. Ek wou geen voltydse mense met maer honde en donkies he nie. Katwindi se huis en myne was langs mekaar op die oostelike hoek en die res van die basis verder noord. Ons moes voorsiening maak vir die nonne en daar is besluit om ‘n huis vir hulle te bou en ‘n ses vertrek klaskamer, ‘n kliniek en ‘n hektaar van die hele gebied sou dan ‘n tuin wees waar groente en later vrugte verbou sou word. Omdat die grond so goed gedreineer was het ons net op die normale riolering besluit en so ‘n kilometer weg het ek water laat aanle en ‘n hektaar laat afkamp en ‘n huisie laat bou vir die asgat waar alle afavl een maal per week uitgebrand was. Manwasi se mense sou ‘n brandpad vyftig meter breed rondom die basis in stand hou met een week per maand se onderhoud teen betaling. Vure was maar altyd ‘n baie groot gevaar in die geweste. Die manne wat die grensbasisse gebou het kon my baie beter van raad voorsien en daar het gedurig maar nuwe goed bygekom waaraan ons nie gedink het nie.

Die argitekte het eers gekom tot by Makuku en by Selby oorgebly en hulle het ‘n skaal model gehad van die hoe die hele basis sou lyk en selfs die helikopter landingsplek was aan gedink. Hulle sou drie dae bly en ons kon lank oor sekere dinge herkou en veranderinge aanbring. Intussen was hulle saam met Kabous en Monica op die plek waar die basis gebou sou word en het alles opgemeet en uitgewerk. Ek kon nie by wees nie want ons het kliente gehad wat nie hulle kwota vol geskiet kon kry nie. Mense wat opgelei was vir ‘n sekere werk het geweet wat hulle doen en dit was hier baie duidelik. Alles is in die fynste detail beplan en uitgewerk en Selby het net sy kop in verwondering geskud. Hy kon nie glo wat hy sien nie en dat daar selfs vir hom ‘n trofee stoor en slagkamers was, was vir hom bykans ongeloofbaar. Ek het toe al gesien hoe vinnig die mense die aanloopbaan op Makuku gebou het en die boesman plekke ingerig het. Ek het hulle gesien bou in die Caprivi en geweet dat die oomblik wanneer hulle begin dit baie gou sal gaan.

Terwyl ek by Kabous se ouers was het ek baie met Jeannie gepraat oor die telefoon. Hulle was baie gebroke en uit ondervinding het ek geweet dat ‘n mens vir seker baie liewer word vir ‘n gestremde kind as vir ‘n normale een. Dit was ‘n harde pad om te loop vir haar en haar gesin en ek het besef dat ek haar moes los om dinge self uit klaar. Baie van ons moes al baie smarte verwerk in ons lewens. Dit was vir my die beste om sulke tye alleen te wees. Dit was maar soos ek dit verkies het. As ek sou iets moes verwerk wou ek alleen wees en bid en raad vra en peins oor my eie lot, ek wou nie gepla wees nie. Miskien het ek heel anders as normale mense opgetree. Dit was maar ek, hoe swaarder ek gekry het hoe harder het ek gewerk.

Almal van ons verwerk nie smart op dieselfde manier nie. Sy wat so ‘n joviale mens was wou seker mense om haar gehad het, ek was werklik te besig en miskien te selfsugtig vasgevang in my eie drome vir ‘n ander land. My tyd was net te beperk en die werksdruk het my bykans elke uur uit die 24 uur besig gehou. Ook was my omstandighede heel anders. Ek het as ‘n boer se seun groot geword in ‘n harde wereld, baie hartseer moes ook maar deur swaarkry verwerk word. As ‘n slang jou hond as ‘n klein seuntjie sou pik, het jy maar by hom gesit tot hy sy oe toemaak en die graaf loop haal en hom met baie trane gaan begrawe. So moes ons plaaskinders koshuis toe gaan en later hoerskool toe ry met die trein van Hutchinson af in die snerpende koue van die Noord-Kaap en jy mag nie gehuil het nie want dan sou jy jou ouers ontstel. Die koshuis het sy eie drama en pik orde gehad en al die skool reels het net vir koshuiskinders gegeld. Dit het ‘n mens hard gebrei vir dit wat die eintlike lewe was. Simpatie was maar net ‘n woord vir die mense wat nie die lewe se realiteite in die oe kon kyk nie. Vandag weet ek dat ek hopeloos verkeerd was. Die militere sy van ons jong lewens het ook nie veel bygedra tot meer simpatiek wees nie.

Monica het my kom roep en gese dat Kabous se pa met my wou praat. Ek het werklik gedink dat daar ‘n probleem was met die nuwe kamp en die bouery wat moes begin. Ons het ‘n lang pad saam geloop en ek was net so lief vir die mense soos my eie ouers. Ek het so pas 25 geword en was maar net ‘n blote kind wat die werk wou doen en so veel as moontlik ure per dag wou insit.

“Pine, ek ken jou ook al lank genoeg, en jy ken my ook al lank genoeg om te weet dat daar nie grys areas tussen ons bestaan nie. Jy is net soos my eie kind en ek dra jou belange baie meer op die hart as wat jy sou wou weet. Pak vir jou genoeg klere vir twee weke en jou paspoort in en ek kom haal jou Vrydag more tien oor elf op Makuku. Jy het ‘n saak om reg te maak in die V. S. A . en ek sal saam met jou vlieg tot by by John F. Kennedy en van daar af sal jy saam met Paul vlieg na ek weet nie waarheen nie maar ek sal jou Vrydag kan se. Ek sien jou Vrydag half elf op Makuku. Ek het met Harry Selby gereel en ook met Peter Williams, dit is reg met hulle.”

Hy was nie ‘n man met wie ‘n mens kon redeneer nie en hy het my net so goed geken soos sy eie seun. Ek was eers die joos in om net so voorgese te word en het eers met Kabous gaan praat en ook met Monica. Later sou ek uitvind dat dit hulle idee was en dat ek weereens die marionet sou wees tussen mense. Ek het na die nuwe land toe gekom om net myself te wees, om te doen wat ek al die jare wou doen as n kind. Ek het baie vinnig geleer by Selby om ander mense voor te se en nou word ek voorgese.

Ek het by Selby aangekom teen nege uur die more en hy het van alles geweet. Ons het ook ‘n baie goeie verhouding gehad en hy kon my ongemaklike-die-moer-in-houding sien.

“Boertjie I am also part of this, I did not discuss it with you because I know better than you. I am also a father of a kid with a gear lever. Go to the States and follow your heart. You’ve been trying to avoid this issue too long. Here is a bag full of U.S. dollars go and spend it and sort your things out. You’ve been working around the clock for too long, go and enjoy life and come back, I will wait for you. Your parents know everything, I’ve spoken to them and everything will be fine.”

“I can’t just leave everything and go Oom, it just doesn’t work that way.”

“I am not asking you to go, I am telling you to go. Just leave, bugger off, or I might consider my own justice.”

Ek was nie tevrede met mense wat my lewe probeer oorheers het nie en wou in my bakkie klim en ry. Dit was een van die redes hoekom ek na die land toe gekom het, om net vir n tydjie van my lewe onafhanklik te kon wees. Ek was hier waar ek van gedroom het sedert ek n seuntjie was en nou kom mense dit onderbreek. Ek het niks gehou van vlieg nie en het vandag nog die doodse vrees daarvoor. Ek kon ‘n perd ry en ‘n olifant en ‘n leeu skiet en ek was nie werklik bang vir die lewe nie.

”If you don’t get into that jet, I will never speak to you again.”

Teen my sin is ek weg na ‘n ander vreemde land met sy eie uitdagings.

10 Oktober 1977




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed