‘n Probleem olifant en so ‘n snaaksigheid
Ek was nog by die watergat om met n knop in my keel van “my” leeuwyfie afskeid te neem toe Bruce Kinlock my roep en laat weet van n probleem oilfant by Kavimba. Hy het motors en mense geskraap en was net ongeskik. Daar was altyd maar n horde redes vir oilfante wat ongeskik was, gewoonlik het die mens maar n rol gespeel. Omdat ons aan ander lande gegrens het kon die probleem by hulle ontstaan het of dan ook by die bevolking wat nie baie ooghare vir opposisie by hulle vee se waters gehad het nie. Mense was baie hoer geag as diere en sulke diere is gewoonlik vankant gemaak. Baie male in hartseer toestande maar die meeste male regverdig en so menslik as moontlik. Ek het onmiddelik in die pad geval en sou dan net by Nyati aanry met so n reguit as moontlike roete en dan gaan slaap by Kabous of Jakkie en hy kon my dalk nog help met die olifant. Die sand wereld en ruigtes ry moeilik waar nie paaie was nie en n mens vorder maar twintig kilometer per uur sonder om die bakkie te verkrag en te breek. Ek het geweet dat ek teen 12 uur by my huis sou wees en van daar nog twee ure se ry om by Jakkie te kon wees. Ons het maar aangestoot en deur die pragtige ongerepte wereld gery met sy grote troppe wild.
Die boesmans van my was n opgewekte nasie, nes laerskool kinders en hulle het Afrikaans baie gebroke gepraat en altyd sonder uitsondering die “r” en die “l” omgeruil. Dit het hulle laat klink soos n kind wat so pas geleer praat het en dit het vir baie amusante staaltjies gesorg. As hy nou merk gevra het dan was dit eintlik melk, en so baie goedjies wat gebroke uitgekom het. Met Jeannie wou hulle baie graag Engels praat en dit was n geroesemoes wat geen volkeling op die aarde kon verstaan nie. Dit was vir my egter mooi en hulle kon ten minste alles verstaan wat ek gepraat het. Hulle het my Kapitanie genoem wat na my weermag rang verwys het. Hulle het nooit in my teenwoordigheid hulle taal gepraat nie tensy ons by watergate in diep spoorgesprekke en stryery was en hulle opgewonde geraak het en hulle self wou beter uitdruk. Baie male wou hulle handgemeen raak en dan het ek hulle gelos om met n regte antwoord na my toe te kom. Jas sou byvoorbeeld se. “ Ekke ganne prate gan die Kapitanie, hy ganne jou moel, homme sambok isse in homme bakkie.” Wonderlike nasie wat werklik met baie min tevrede was en ek het hulle geniet en tot n mate verstaan. Hulle het nie met my kanse gevat nie maar hulle was werklik baie lojaal en veral baie lief vir Jeannie wat maar sou troos as ek kwaai was. Ons het een aand by n nedersttting wat ons gemaak het geslaap en my reels met die wilde boesmans was duidelik. As ek by hulle geslaap het wou ek nie een hoor asemhaal nie en hulle maer honde moes my nie steur nie. Hulle het my getoets en ek het met die sambok onder hulle gestreep hier in die vroee oggendure en vir my boesmans was dit die grootste grap op aarde. Dit het baie gou versprei en ek het nooit weer nodig gehad om slae uit deel nie.
Ons het gery en die agterste bakkie het my gestop en ek kon die twee hienas om die wit stam van die Kiaat sien wat opspring en byt aan die stam so sestig meter weg. Bo op n dwars tak het n reuse luiperd gele en slaap met sy voete en stert weerskante van die tak wat grond toe gehang het. Voor hom was n halfgevrete duiker in n mik en die hienas het met hulle gekkel en lawaai die man se rus verstoor. Ek het die klein Nikon geneem en hom mooi deurgekyk. Hy was n reus van sy spesie, die diepdonker rooi nek, baie dikker as sy kop, sy groot en sterk bene met die ontspanne kloue en die voete, sy stert byna dikker as my arm. Hy was vas aan die slaap en het hom afgevee aan die rasende jong hienas. Sy voorkop het die merke gehad van baie gevegte en op sy een sy was n lang swart merk wat ek gedink het n vark moes gewees het. Hy was n veteraan, hy wou nie gepla wees nie, hy was die koning in sy gebied. Ek het geweet dat veral luiperds nie roofdiere verdra in hulle gebied nie, die ou man sou ook nie dit toelaat nie. Vir my was hy die meester, die koning van jagtogte en die beste opppaster van sy gebied. Hulle is nie banggatte nie, hy sal enige opposisie aanvat, hy sal eers sy bome baie goed uitkyk. Hy sal baie vinnig kom en hy sal binne sekondes sy messteke doen en net weer rustig op sy stam gaan le. Ek het nog nooit weer die grootte van die kat gesien nie. Daar het n ratel waggelend aan gekom en hy is verby die hienas sonder om hom enigsins te steur aan hulle en het die boom geklim en ek het geweet dat hier iets op pad was wat kon nog n raaisel oop maak. Ratels is grootbekke en veral as hulle ander roofdiere sien en hoewel hulle dom lyk is hulle baie intelligent. Soms kan hulle net so toegewyd wees dat hulle bykans siende blind was. Hierdie man was so, hy het die duiker gesien of geruik, en hy wou die karkas he. Hulle is hardegat en bykans vreesloos. Die hienas het hom agterna gekyk soos hy waggelend die boom uitgeklim het.
Of hy nie kon ruik na hy dalk bye uitgehaal het nie en of hy soos almal van sy spesies net balhorig en onpgevoed was sou ek nooit weet nie. Hy het net een ding in sy kop gehad en dit was die kolle kat se halwe duiker. Hy was net by die wegle tak waarop die kat gele het toe hy opstaan en ek sy werklike grootte kon bepaal. Hy was defnitief volgens my en Jeannie die grootste wat ons nog gesien het. Hy was volgens haar n super luiperd en my bek het werklik oopgehang vir sy grootte wat ons nou kon duidelik sien teen die blou lug agter die boom. Hy het statig nie eens sy lippe opgetel nie, net gaan vassteek, hy het die rasende ratel met n oorveeg van absolute minagting geklap dat hy bo uit die boom geval het soos n hoed en met n dowwe doef die grond getref het. Toe was hy sommer rigtingloos en het laat spaander na n heeltemal ander rigting. Hy was n man van menigte gevegte en het sy dinge baie goed deurgekyk. Hy het die twee hienas op so vyf meter baie mooi betrag en ek het geweet dat hy wat so n meester was nie vir hulle ongeskonde sou huistoe stuur nie. Die hienas het nog die ratel agterna gestaar toe is die groot man tussen hulle en hy steek met sy skerpste messe en klap hulle deurmekaar dat die stof draai en hy was binne sekondes weer op sy tak, daar het hy gesit en sy bek het oopgehang en die hienas het keffend die wyk geneem. Dit was vir die boesmans baie mooi en hulle beskrywing was op my gemik. Sixty het gese. “ Hy woue slape, toe laas hulle. Hy die moel in, hy gee pak, homme naam is Kapitanie.” Ek het taamlik geroei as ek wou slaap en hulle nog iets wou doen. Hulle het geweet dat hulle moes stil wees as ek wou slaap. Ek het dit aan Jeannie vertaal en sy wou haar dood lag.
Ons het by Nyati gekom en ek en Xolile en die boesmans sou ry na Jakkie toe en van daar langs die Linyati af na Kavimba waar n natuurgewaring buitepos was. Ek het beide die 416e en my 500 dubbel geneem en vir Luka en Katwindi verlang, vir die eerste maal in n lang tyd sou ek gaan olifant skiet sonder hulle. Ek het vir Jeannie gaan groet en gery. Ek sou oor die Ngezumba rivier gaan by n sekere plek waar hy vlak was en dan na Kachikau waar daar darem n effense pad was en dan na Parakarungu oor Ivuvwe na die Linyati waar Jakkie was. Ek sou moes taamlik aanstoot want die wereld het lanklaas gereen maar die omarambas was vol en die water was volop en ou roetes kon lank word en ontoeganklik maar dit was n gebied wat ek baie goed geken het. Die wild en veral oilfante was volop en ek het gekyk vir slap slurpe maar kon nie sien nie, dit was ruig en groen en anderkant Kachikau wou ek n zebra skiet vir die bevolking by Kataba en sommer n volstruis ook want hier was baie van hulle. Ek het die voel geskiet en toe ek wou nader ry het die radio geroep en ek het gestop en Jas en die ander twee het so lank nader geloop oor die vloedvlakte. Dit was Jakkie wat wou geweet het hoe ver ek was toe ek my my wou dood lag. Die voel wat ek geskiet het het so tagtig meter weg gele want ek het sy nek op sy lyf afgeskiet maar hulle het nie die leeus gesien wat intussen die voel wou vir hulle vat nie. Ek het by die bakkie se oop deur gestaan met die mikrofoon in my hand toe daar so veertig meter voor my drie boesmans op volle spoed na my toe op pad was met n maanhaar wat nie baie ver agter hulle was nie. Dit het binne sekondes gebeur en hulle was reg in lyn met my en die leeu, ek kon net die gedreun van die leeu hoor en hom af en toe sien. My bakkie het nog geluier en ek het die vet getrap maar hy was uit rat uit en die toeter gedruk en dit het die leeu laat twyfel. Die boesmans is onder die bakkie in soos muishonde en die leeu het so twintig meter weg gaan staan en grom en gryns. Dit het n tydjie geneem om hulle by my in die stasiewa te kry want ek wou die volstruis gaan laai. Hulle was werklik geskud want die eeue oue leeuvrees het nou weer te voorskyn gekom. Jas het gese. “Moel amper reeu onse eet, jaag hom gaan die bakkie, pes gemors, dief.”Daar het nog skelwoorde gekom en ek het die troppie leeus weg gejaag by die volstruis en sy pens uitgehaal en die klippies vir Jakkie gehou en gery. Die drie het nou saam met my in die stasiewa gery en Twenty het gese dat hy al die naels kon voel in sy rug maar hy was los voor en Sixty het weer die warm asem teen sy nek gevoel. Weer het die gebroke taal my laat lag en om vir hulle te lag was ook n skande, hulle het my aangepraat, ek was nie saam nie en het nie geweet hoe naby hulle aan dood was nie. Voor Ivuvwe het ek twee zebras geskiet vir die bevolking met die 6,5 en die slag het hulle seker gemaak dat alles veilig was voor ons gelaai het. Ek het een by hulle afgelaai en die ander een vir Jakkie se mense gelos en ek was so teen laag son by hom. Kabous was ook daar en dit was net lekker om weer my ou maters te sien.
Ons moes eers oor die werk praat. Jakkie het met die natuurman by Kavimba gepraat, dit was maar net die normale norme, n ongeskikde olifantbul wat nie van mense gehou het nie en hy het seker sy redes gehad. Hy het al probeer om die mak diere van die bevolking ook aan te val maar die was te veel en te lastig en het hom gepla. Dit was net n kwessie van tyd voor hy sou werklike skade maak. Vanaf die Linyati wat maar teen die Liambesi meer gele het sou ons ry na Kavimba en met die natuurman kontak maak want hier was n digte bevolking olifante en ek wou nie onnodig vreemde oilfante skiet nie. Ek het al baie hier olifante geskiet en ek het lank hier gewoon en die wereld geken en hier was ek so tuis soos n vis in die Linyati. Dit was net baie moeilik omdat dit ruig was en daar was groot troppe buffels met ongeskikte bulle by en ook leeus. Ons sou moes baie op spoorsny staat maak. Jakkie het kliente uit Australie gehad en ek het geweet dat die Kerry Packer groep baie op die jagte by die die Linyati staat gemaak het. Hy het twee Matabeles gehad sonder Xolile wat ook syne was en hulle kon vir twee dae die jag lei en hy sou my help. Dit sou ek en hy en Xolile wees en ons boesmans. Ek het hom gevra om sy boesmans by die huis te los, te veel mense het te veel verantwoodelikheid mee gebring.
Ons het langs die swembad gesit met die vuur wat hoog was en Jeannie se trassie buffel en die zebra en die varke wat maar altyd wou aandag he. Ek wou met my 500 dubbel gaan skiet. Met Barnes se laaste besoek aan ons het ons begin om die swaar kalibers met ligter koeels te laai. Afstande was kort en die bos ruig en ons het meer gegaan vir diep penetrasie. So het ons die uitskiet van siek bulle met die 458,s gedoen met 400greine en die kombinasie het besonder goed presteer, baie beter as die 500gr,s. Die 500 was ontwerp vir n 570 gr koeel wat onnodig swaar was en Barnes het vir ons 450 gr,s gemaak met plat neuse wat baie doeltreffend was. Ons het baie toetse met die kombinasie gedoen en my geweer was vir maande by Selby en hy was tevrede met die ladings. Dit was altyd goed om by so n groepie jagters dat een n dubbel te moes he. Jakkie was versot op die 425 wat ek hom gegee het en Xolile het met die 404 geskiet. Ons het baie gou geleer dat 400gr. die ligste was wat ons sou gebruik. Die 425 was n kaliber in die klas van die 416 en hy het baie vertroue in sy geweer gehad, dit was werklik n lekker geweer. Jas moes my 416 in elk geval saam dra vir as ek wou ruil of langer skote wou neem. Ons het op olifante net soliede koeels gebruik en Jakkie het met smaak vertel hoe hy in nood n ongeskikte koei met sy 303 geskiet het en dit nooit weer sal probeer nie. Dit het hom sy bakkie gekos en sewe skote want hy het alleen gaan sout uitgooi op n Sondag. Olifante is slim diere en hulle weet later dat daar op hulle jag gemaak word en sal hulle intelligensie gebruik om jou in te wag veral die wat mense geken het. As hulle n haat teen mense gehad het, het hulle al baie bloutjies met die nasie geloop, hulle het mense geken, byna soos n mens vreter leeus geweet het dat hulle gejag gaan word.
Ons het heerlik gebraai en gesels oor die ou dae toe ons daar begin jag het en Kabous eintlik in gesmokkel het en die mylpale wat bereik was. Ons was werklik trots op dit wat ons hier in n vreemde land kom bereik het. Soos gewoonlik het ek vroeg gaan slaap en toe ek my leplek maak was dit net na 8 uur. Ek het darem vanaf die suidelike Chobe net ten noorde van die groot panne gevorder tot teen aan die Linyati wat amper vir die gewone mens twee dagreise ver was. Die voertuie vreet aan n man se lyf en jou roetine is heeltemal uit met etes en rustye. Daar was nog die leeu episode wat my nie gepla het nie maar my mense wel. Ek het gaan le in die kamertjie waar ek so lank in gebly het en haar gebel en ons het lank oor die Linyati gesels en ook oor haar diere wat nog steeds hier was. Ek het weer vir haar gese hoe lief ek vir haar was en gaan slaap. By die vuur het die Aussiess en Jakkie nog hulle ding gedoen maar ek was weg en in my eie wereld. More sou weer nog n olifant dag wees wat ek niks van gehou het nie.
Dit was net voor vyf toe Jas en Xolile met die koffie in stap en ek my beker neem en na die stomp langs die rivier loop en op my geliefde plek gaan sit en vir Afrika kyk en hoor hoe hy wakker word en gaan slaap. Die ou Loodsboom stam was vir my die beste plek langs die Linyati. Hier het ek tientalle emosies beleef en ek kon hoor hoe Jas die bakkie regkry en my koffie vinnig afgesluk en vir Jakkie gaan roep. Die dag het net begin breek ver af met die rivier. Hulle het net my slaapgoed gelaai en ons is almal met my stasiewa weg met genoeg rantsoen pakke. Jakkie het sy boesmans by die huis gelos om die Ausse jag te doen en Xolile het met sy bakkie gery. Ek het die geluide van al die diere so geniet, hier langs die rivier was net n mate van meer gekosentreerde wild lewe as by ons in die Chobe. Dit was soos musiek in my ore en die Aussies het ons kom groet en ek was reg vir drie aande uitslaap en lus vir die olifant. Olifantjag was nie my gunsteling jag nie maar ek het uitgesien om weer saam met Jakkie te jag, hy was my goeie vriend en daar was werk wat ons moes doen.
Ons sou oor Satau ry na Kavimba waar die natuurbewaring man was wat ons sou gaan wys waar die bul geloop het. Verder weg van die rivier het die bos minder ruig geword en ek het baie ou jagplekke herken waar ons baie gejag het toe ek nog hier die jagter in bevel was. Ons was 8 uur by Kavimba en het baie wild gesien langs die pad en ook n hele paar troppe olifante maar nie groot bulle by nie. Rondom Kavimba het baie inwoners gewoon en geboer en baie klein gehuggies met inboorlinge met hulle vee. Dit was buite die grense van die reservaat en langs die grootpad na Ngoma en Kasane. Al die inwoners was gediens deur die nonne en ook Kabous se mense met tuine en ons was basies in die beskawing waar daar darem warm koeldrank en tabak gekoop kon word. By die natuurbewaarder was n blanke paartjie wat sending werk vir drie maande kom doen het en hulle was van groot hulp. Hulle het polaroid foto,s van die bul en ook sy spore gehad en hulle kon ons ten minste die waarheid vertel. Dit was n groot bul met baie dik tande waarvan die linker een effens gebreek was by die punt, belangrik was dat sy regter oog vaal was, op die ore en merke daarop kon ons nie veel wys word nie. Maar hy was baie humeurig en het nie eens ander olifante verdra nie. Hy het die vorige middag in die rigting van Mabele geloop en ons kon sy spore later optel al langs die pad en later het hy suid oos gedraai in die rigting van n watergat wat ek geken het. Ek het vir Jas laat voor op die neus sit om die spore te lees en ons het daarop begin ry deur die veld en is later teen een uur weer deur die grense van die park. Die bakens wat ons laat opsit het was nog daar en die wild het ook begin meer word.
Ons wou nie tot by die watergat ry nie want dan sou hy ons hoor as hy daar sou wees. Dit was n groot watergat en hy sou beslis daar aan gedoen het. Ons het wyd om die gat geloop en ek het net vir Jas by my gehad, die ander moes die voertuie beskerm. Ons kon sy spoor optel maar dit was al n paar ure oud en is weer met die voertuie agterna. Hy het in die rigting van die Natanga Panne geloop waarvoor ek dankbaar was want dit was n baie meer oop gebied en nie so ruig nie. Olifante wat doelgerig was kon in 24 uur baie myle agter hulle sit en ons het so vinnig as wat die veld dit toegelaat het gery. Jakkie was bang dat ons in die ou man sou vasry en ons het gedurig die spore se varsheid gaan lees. Hy moes van ons geweet het want hy was haastig en voor sy naels het die hopies gele soos hy die sand vorentoe geskop het. Dit sou dit vir ons moeilik maak want hy sou vlug en dan sy hinderlaag stel. Ek het gehoop om hom op die voedvlakte voor die Ntanga Panne in te ry en op die kaal gedeeltes te skiet. Hy sou my probeer ontwyk deur voor die vloedvlakte noord te gaan waar dit weer meer ruig was. Sixty en Twenty was op die dakrak en hulle moes kyk vir die olifant en na meer as n uur se ry het hulle bek opgesit en ons het gestop. Hulle kon n enkele olifant sien voor ons maar net sy agterkant. Ek het opeens na Luka of Katwindi verlang wat so goed kon bekruip. Ons het besluit om met die voertuie voort te gaan want hier kon ons wegjaag indien nodig en so vier myl voor ons was n watergat waar hy defnitief sou aan doen. Ons het so tweehonderd meter aan die bul se linkerkant verby gery en dit was defnitief hy en gemaak of ons hom nie sien nie en na die water gery waar ons die voertuie sou wegsteek en hom sou inwag. Ons het in n halwe sirkel gery want ek was bang dat hy op ons spore sou loop soos ek al ondervind het en dan die voertuie sou beskadig en die bakkies tussen die ruie palms weggesteek.
Dit was ongelukkig n baie groot watergat en ons hinderlaag moes so wees dat ons die bakkies kon beskerm en tog ook die water kon sien. Ons was te ver van die water af en sou n plan maak as hy sou opdaag, ons het nie lank gewag nie toe hy op die kaal gedeelte links van ons verskyn en eers die wereld goed staan en deurkyk en stof opgooi en ek kon sien dat die wind reg was vir ons. Hy was omtrent n honderd meter weg anderkant n gedeelte van die watergat en ons agter die stam van n reuse Wildevy. Hy het geweet dat iets nie pluis was nie want hy was nie op sy gemak nie en wou nie nader kom water toe wat nog so dertig meter nader aan ons was nie. Hy het net so gestaan vir seker tien minute en ek het geweet dat hy baie dors moes wees. Hy het omtrent 25 myl gedoen sedert hy laas gedrink het. Jakkie het sy afstand meter geneem en die water waar hy sou drink was 64 meter weg wat ver was. Hy was 107 meter van ons af. Ek het my 416 geneem toe hy nader kom water toe en my voorgeneem om hom te skiet voor hy in die water sou trap anders was die gat weer besoedel met n vrot olifant. Ek het vir Jakkie en Xolile gese om my onmiddelik op te volg want ek het nie gehou van ver skote op n olifant nie. Daar het rooibokke naby ons kom drink en die suide wind het dwars oor die gat gewaai en ander wild het ook gekom. Dit het begin laat word en ek het vir hulle gese dat hy in die nag sou kom drink. Hy kon nie veel verder gaan sonder water nie want die volgende water was amper nog dertig myl verder. Die rooibokke het al klaar gedrink en begin pad gee toe hy sy kop wiegend begin optel en haastig water toe kom.
Ek het n lekker rus gehad teen die Wildevy en toe hy vyf meter van die water af kom het Xolile geskree en hy het n oomblik gehuiwer. Hy was effens skuins na my linkerkant toe maar my skoot het hom laat sit en hy het stadig omgerol en ek wou nog n skoot gee. “ Los maar vir nog n skoot Pine, hy was dood voor sy bene geknak het, jou skoot is reg deur sy harsings. Dit is bykans die verste wat ek nog n olifant geskiet het Jakkie. Ek het hulle al verder met die 425 geskiet Pine. Dis Selby se oumens stories dat jy omtrent die geweer teen sy kop moet vasdruk om hom dood te skiet. Hierdie is probleem bulle en hulle is gevaarlik en baie baie uitgeslape. Baie geluk met n baie goeie skoot. Dit is soos ek jou jare lank al ken en jy het goed geleer by my,” Altyd n grappie die Namakwalander. Die ou bul het op sy sykant gele met die agtervoet wat nog effens beweging getoon het en Jakkie en Xolile het die bakkies gaan haal en ek was heimlik baie bly dat dit verby was en gebeur het sonder enige gevaar vir ons. Daar sal maar altyd n mate van weemoedigheid wees met so n groot dier se dood en toe hulle die tande uitsaag en die stert vir my bring het agter n Maroela gaan verskoning vra vir die Skepper. Ek het Hom ook bedank dat ons veilig was en dat alles goed afgeloop het. Ek het vir Jeannie gebel en gese dat die bul dood was en ek eers die volgende middag by haar sou wees. Dit het begin laat word en ons wou nie by die water slaap nie weens die baie leeus en het so hard as moontlik in die rigting van Mabele terug gery want ek wou die bevolking die volgende more soontoe stuur. Die hoofman het n bakkie gehad en hulle kon die karkas maar gebruik.
Ons het omternt ses myl van Mabele kamp gemaak vir die nag en was nou weer buite die grense van die park. Dit was heerlik om saam met my maat van so baie jare te kon gejag het en weer net n aand in die veld met die aardse mens te kon deur bring. Ek het bier vir my boesmans gehad en ook vir Xolile en ek en Jakkie het gebraai soos byna maar elke dag van ons lewens. As daar vuur gemaak was dan het hy die kos gemaak en ek het vir my n noodwiel geneem om op te sit. Hy het n halfgaar gevriesde skaap afval van sy ma gehad, hy kon my soos n boek lees en dit was n verassing. Ons het tot in die oggendure gele en gesels oor baie dinge uit ons verlede.
Hy het ook n stukkie humor uit die veld n week gelede saam met die Aussies oorgekom. Die bekende plek in die Linyati wat ons Maalgate genoem het, het altyd baie seekoeie en krokke gehad en hy wou n krok gaan skiet met die manne. Hulle het hoer op in die rivier een gekry en hy wou die besondere mooi plek gaan wys vir hulle. Hier was van die enkele plekke waar die wal hoog was en duisende byevreters in die wal nes gemaak het en die smal gedeelte onder die wal het daar gewoonlik krokke of seekoeie gele wat n mens op enkele meters ver vandaan kon dophou. Hulle het op die wal gaan staan en onder hulle was n paar olifante koeie en kalwers besig in die water baie naby aan hulle. Hulle was buite gevaar want die wal is te hoog vir hulle om te kon storm en hulle het gaan sit en die gespelery dopgehou. Een ou koei het reg onder hulle kom staan en Jakkie het gese dat hy seker was dat sy hom gesien het en gemaak het of sy nie van hom weet nie. Sy was so naby dat hy haar met n sweep sou kon raak slaan. Die Aussies was besig om films vol te maak en die koei het met haar rug vir hulle skelm geloer en met die slurp n klomp water opgetrek en die volgende oomblik omgeswaai en die water gespuit. Dit was onverhoeds en sy het hulle so halfpad gevang met die water. Daar was tot humor by olifante ook en dit was op film vasgele wat hulle my die aand gewys het.
Ons het die aand geniet en gesels oor ons lewe en wat ons nog wou doen en waar ons kon verbeter en die afval met die klein aartappels was heerlik so ver van my wereld af. Hy was die een vriend wat ek gehad het wat ek geweet het ek kon op staat maak want hy was elke dag die selfde mens, net hy in sy Namakwalandse eenvoud wat in niks en niemand kon kwaad sien nie. “ Pine ek moet jou darem wraggies geluk wens met Jas se spoorvernuf. Hy is die beste wat ek nog gesien het en hy het voor op die neus gesit en nie een maal die bul se spoor tussen al die olifantspore verloor nie. Hy is uitstekend Jakkie maar sy voorspelling van diere gedrag is nie op die standaard van Luka en Katwindi nie. Hulle kan die geaardheid van diere voorspel. Het jy al jou boesmans probeer Pine? Ek se jou myne is net so goed soos die Matabeles, joune kry net nie die kans nie want jy jag te min. Jakkie ek is besig met n opheffings veldtog met my boesmans en Xolile help my daarmee. My probleem is dat ek die staat en Selby se stoele moet warm hou en dit maak dit moeilik. Nie een van ons ander konsessies het die gelyke van Jas nie Pine. Ek se dit met groot eerlikheid. Ek weet Jakkie ek moet net meer in die veld kom met hulle.”
Dit was die een aand wat ek nie omgegee het om laat te gaan slaap nie, ons het tot laat na middernag by die vuur gesit en ons pype gerook en gesels. Xolile sou die volgende more die bevolking van Mabele gaan se waar die bul le, hulle kon met my toestemming die vleis gaan herwin. Die tande het ons reeds uitgesaag. By Mabele sou ek en Jakkie uit mekaar gaan die volgende more en hy terug na die pragtige Linyati en ek sou suid draai na my huis toe.
18 April 1978