Jongste aktiwiteit:

Terug na Gobabis Hills
vir

Terug na Gobabis Hills

Ons het die terug tog na die basis aangepak die volgende more met n klomp ivoor wat ek by die bevolking gekry het van bulle wat reeds gevrek het, daar is n klein beloning aan die mense betaal deur die staat vir natuurlike ivoor afkomstig van dooie bulle. Die aasvoels en hienas het n goeie tyd gehad en ook die leeus wat verkieslik sou aas as om self te vang. Daar was drie inheemse nedersettings op pad terug en ek het besluit om by elk een aan te ry en te hoor van siek bulle. Ons het nie regtig gesoek na siek diere nie en hoe verder ons suid gegaan het, het die wereld weer meer oop gemaak op die vloedvlaktes van die Savuti en daar het ons nog tande uitgetrek van dooie bulle wat deur die aasvoels uitgewys was. Ons is by n nedersetting aan wat ons drie bulle gaan wys het wat dood was en een siek bul het ek vir Geoff die kans gegee om te skiet, dit was werklik n baie mooi bul met lang tande. Hy het die bul met n sykant breinskoot met die 404 van Jeannie baie maklik geskiet. Ek kon hom net die stert as aandenking gee en hy het darem fotos geneem. Die bevolking het die vars vleis waardeer en ek het my dom gehou met die staat se opdrag dat hulle nie geeet mag word nie. Die bul het 79 en 71 lbs geweeg en het werklik baie mooi simmetriese tande gehad. Dit sou n baie mooi trofee in enige versameling wees. Hy was nou vir ewig verlore vir jagters, dit het my werklik gegrief. Dit was my doel in die land om trofee skiet, ek het hier gefaal. Ek was besig om my stoel as n jagter heeltemal mis te sit. Die troppe en troppe aasvoels wat bo die Savuti en Mababe vloedvlaktes gevlieg het, het nie meer aan my gedoen as om my ongelooflik depressief te maak nie. Hienas het deur die nagte geraas en leeus het in baie rigtings hulle dikpens brulle gegee en die jakkalse laat padgee met hulle eie geraas.

Die vrag ivoor het begin baie word en die reuk afstootlik en ek het nog twee nedersettings gehad om te besoek wat ook dooie bulle gaan wys het, ook hier is die ivoor herwin en ek het gewonder hoeveel bulle dood gele het waarvan die mensdom nie geweet het nie. Ek het gewonder of dit nie sou beter wees dat die natuur sy gang moes gaan nie, dit was egter opdrag van die staat en moes uitgevoer word. Hulle het nog steeds geglo dat die siekte aansteeklik was. Die weer het opgesteek en ek was drie uur by Gobabis Hills met Katwindi wat reeds gewag het met sy stink vrag. Die veeartseny spanne was daar en ek en Jeannie wou eers gaan stort en my mense wou ook gaan skoon maak en die soldate het die ivoor so n myl ten noorde gaan aflaai waar dit deur die staat in ontvangs geneem was. Saam met Katwindi het n hele paar slurpe gekom want hy was verplig om dit af te sny en ek het gewonder wat die manne in die vrot goed sou sien want hulle was besig met die slurpe. Ek was heimlik bly dat die spanne nie saam met my was nie want Katwindi was nie baie beindruk met hulle nie. Hy kon baie meer siek bulle geskiet het maar met hulle navorsing het hulle hom opgehou. Hy het besluit om net maer en baie siek diere te skiet en die wat nog net effens aangetas was te los. Hy het omtrent uitgevaar teen al wat witjas en groen handskoene gedra het.

Hulle het my gewys dat die slurpe van die onderpunt af net lam word, die slurp verdun en steselmatig verloor die bul heeltemal beheer daaroor. Hulle is slim diere en oorleef maar verloor kondisie en word al hoe swakker en afhangende van die veld tipe oorleef hulle n hele paar maande maar kon blykbaar nooit genees nie. Dit was volgens die veeartse en hulle het ook maaginhoud monsters en bloed monsters geneem wat sou ontleed word. Ons het die aand darem onder dak geslaap by die basis wat ook nou aan Selby behoort het en ek het weer met prof. Fritz Ellof gepraat met die foon en later het die veeartse ook met hom gepraat. Hy was steeds seker dat dit n gif toestand moes wees en nie aansteeklik nie en het gese dat hulle met die Zambiese owerhede by Gwebe landbou kollege in verbinding moes tree, daar was manne met kennis van die siekte. Al wat hulle kon wys word per foon was dat die toestand na ryp in die winter blykbaar veminder. Zambie het ook nie siek diere geskiet nie en die natuur sy gang laat gaan. Hulle het ook gese dat die siekte begin het na Kariba gebou was en hulle het dit as n natuurlike uitdunning gesien. By die twee noordelike buurlande Zambie en Rhodesie was dit n baie rare verskynsel en het dit eers lank na my tyd redelike aftemetings by hulle aan geneem.

Ek wou die storie van Katwindi hoor wat byna getrap was en wat hom effens geskud het en hy het uit eerbied vir Jeannie en Geoff Engels gepraat wat hy ten volle magtig was hoewel ons in Matabele gekommunikeer het. Ons het weer drie jong vlakvarke op die roosters gehad en by die basis was daar darem meer speserye en kon ons dit lekker gaar maak. Temba het hulle stadig gebraai en daar was genoeg tyd vir gesels. Jas het na van sy mense toe gegaan om te gaan uitvind van nog karkasse en hy het my weereens iets geleer. Binne die tande van sekere olifante, op sy senuwees, was klein ronde balletjies wat soos perels gelyk het en veral die bulle wat natuurlik dood is het hy die goed vir Jeannie uit gehaal. Omdat sy so bemind was onder die ander volke het hy hulle begin bymekaar maak en natuurlik skoon gemaak. Nie almal het die balletjies gehad nie en dit was n stink affere om dit skoon te kry. Katwindi het ook vir haar versamel en hulle het al n hele klompie van verskillende groottes gehad en sou die vars tande ook daarvoor deursoek. Hulle het werklik nes regte perels gelyk. Katwindi het drie bulle geskiet en die meester wat hy was het twee geval en die derde een het weggehardloop en sy twee skote kon mekaar bykans sny net agter die blad maar het nie die hart of been geraak nie. Dit was die enkel rede dat Selby my geleer het om vir die sykant breinskoot of reg voor die kop te gaan. Die hartskoot kon n goeie skoot wees maar daar moes gewoonlik deur die voorbeen gegaan word wat baie dik is en met n soliede koeel kon hy van rigting swaai en jy kon die longe raak en selfs die lewer wat nie genoeg was nie. Hy het selfs met n hartskoot nog genoeg petrol oor gehad party maal om jou seer te maak voor hy die gees gee.

Dit is presies wat met hom gebeur het, hy het die hart gemis maar ook nie die voorbeen gebreek nie want sy skote was skuins van agter en een was net n sny deur die hart se onderpunt. Hy het probeer om die bul te anker met n hoe nekskoot in die hardloop en dit was ook te hoog. Hy het erken dat hy nie moes geskiet het nie en dat hy dalk beter met die holpunt koeels sou gevaar het, ek het dit betwis. Die olifant het neentig grade geswaai in die digte bos en hy en Temba is agterna en is gestorm en gelukkig by hulle albei verby sonder dat hulle geraak is en hulle kon die bul anker met n rugskoot van agter en toe doodskiet. Hy het erken dat hy en Temba nabetragting gehou het en vele lesse geleer het waarvan die belangrikste was goeie skootplasing en dat hulle nie tegelykertyd moes leeg wees met hulle gewere nie. Hy’t gese dat hy my gemis het, hy was die meester wat my geleer het, ek dink nie ek sou van meer waarde gewees het nie. Hulle het baie meer ondervinding as ek gehad en het baie meer olifante as ek geskiet. Ek het weer gewaarsku dat n mens nie te versigtig kon wees nie. Katwindi het gese dat die bulle weet as hulle jagters gewaar dat daar geskiet gaan word en sommer dadelik vol baklei is. Ons moes hulle eers los en in n ander rigting gaan. Ek wou die skietery heeltemal los en die natuur sy gang laat gaan. Die navorsers het wat my betref genoeg gehad om op te werk, steeds het die staat geweier en ons het besluit om die Mababe laagland te gaan deur ry met die hele span. Die navorsers sou eers agter bly by Gobabis Hills en die ivoor moes gemerk en geweeg word. Dit was n hele klomp mense wat met die navorsing besig was en ek het geglo dat hulle eers genoeg gehad het om mee werk en dat hulle baie kennis opgedoen het en baie monsters gehad het om te ontleed.

Ek moet tot van dag nog erken dat ek nooit gehou het van olifante skiet nie. Hulle is slim diere met baie komplekse familie verbintenisse. In die twee jaar wat ek op die stadium in Botswana was het ek al redelik baie olifante geskiet en laat skiet deur kliente, tog het ek werklik nooit goed gevoel om by so n groot dooie dier te staan en kyk na hom nie. Die meeste was ou bulle wat nie meer teelwaarde gehad het nie en wat miskien sou vrek met die volgende groot droogte, tog was hulle toe al te veel en die impak op die natuur was toe al te veel en baie spesies het daaronder gely. Ek het op n stadium baie tandlose koeie en verse geskiet vir die bevolking, ook in opdrag van die staat, hulle was bykans sonder uitsondering dragtig en sulke goed pla n jagter. n Mens voel klein as jy met jou geweer staan by n bul wat baie ouer as ek was en jy moet vrede maak met die feit dat jy sy lewe geneem het. Toe ons in die laer Chobe begin trofee bulle skiet waar nie bevolking was nie was dit vir my amper te erg dat daar nie mense was wat hulle kon benut nie. Ek het lank met Jeannie en ook met Jakkie daaroor gepraat, hulle het gese dat ons daar was om te jag en dat ons jagters was en dat ons nie met diere lewens gemors het nie. Dit was alles waar, maar die uitskiet van die groot diere het my werklik byna gewalg. Om vyftig of sestig groot bulle te moes skiet per jaar vir die konsessies was verstaanbaar, om alle bulle met siek simptome te moes skiet was nie vir my nie. Ek sou alles in my vermoe doen om uit die skietery uit te kom en dit te verhoed. Ek het besluit om met Peter Williams te praat en te probeer n oplossinig kry wat ons albei kon tevrede maak. Dit was onvermydelik dat die siek bulle sou doodgaan maar vir my was dit nie reg om bulle met effense simptome te skiet nie, hulle het nog vir maande gelewe na hulle begin siek word het en baie kon as trofees verkoop word en aan kliente gebied word en nie net n nuttelose dood sterf nie. Sy mense het genoeg dooie bulle gehad om op navorsing te doen, hy was onwrikbaar en ons moes aangaan tot daar nie meer siek bulle was nie. Dit was nie vir my aanvaarbaar nie.

Ek het meer belang gestel in die Gcoha heuwels en ook die Gubaatsa heuwels waar die meeste boesman tekeninge voorgekom het en ook die mees noordelikes in Botswana. So n plat land soos die het min uitkyk plekke gehad en dit was snaaks hoe n mens baie male hoogte mis as jy so lank in die veld was wat net gelyk was. By Gubaatsa was waar Ben die swartwitpens geskiet het wat my byna gehad het en die plek was n paradys vir boesman tekening jagters. Net soos by Chinamba verskil die veld van sand en plat gelyk sonder klippe tot skielik klipperig en dan die heuwels. Die heuwels is nie baie groot nie maar staan byna soos berge uit in die baie gelyk landskap. Daar was dassies en ook klipspringers en baie koggelmander soorte wat ek nie geken het nie. Omdat dit al hoe plek was in n groot laagland het baie aasvoels en ander voelsoorte hier nes gemaak, maar dit was eintlik maar net wat ons in die Karoo n koppie genoem het met baie klippe en oorhange en grotte wat nie baie diep was nie maar beslis skuiling gegee het aan mense en diere. Uit ondervinding het ek geweet dat die groot katte ook hier sou broei en hulle kleintjies sou wou groot maak. Hier kon leeuwyfies hulle welpies wegsteek en op die hoe plekke le en kyk waar die nomadiese mannetjies was en waar die wild geloop het. Ek het vir Luka en Jas saam geneem en natuurlik vir Jeannie en ook twee van die nomadiese boesmans wat die koppe geken het. Daar het n groot groep boesmans by die heuwels gewoon en hulle het vir ons die sketse gaan wys en van hulle kon in gebroke Afrikaans vertaal wat die kunstenaars wou doen en uitbeeld. Soos die ander wat ek al gesien het was die eland die middelpunt van baie van die jagtogte en selfs die maan het n rol gespeel en daar was een waar die kunstenaar beter vaardighede as die ander gehad het en sy jagtog het in die reen afgespeel en was baie mooi uitgebeeld. Die sketse is ook so gemaak dat die son hulle nie verbleik het nie en die reen hulle nie geraak het nie. Baie male was die kunstenaars ook in n beswyming soos hulle verduidelik het en baie is deur toordokters gedoen. Hulle self het nie meer geteken nie maar het nog van hulle ou mense geken wat daar geteken het, ek het dit nie geglo nie.

Die skril gefluit van die klipspringer het my laat opkyk en die rammetjie het teen die horison gestaan en ek het onmiddelik na my ma verlang. Sy het n klompie mak bokkies gehad, weeskinders van die veld, steenbokke en ook duikers en later het sy n hele paar kampies gehad en die bure het bokkies gebring en sy het hulle laat teel en verkoop. Sy was bekend met die teling van die klein bokkies en Pa moes bly kampies by maak. Sy het ook klipspringers gehad en hulle was so mak want hulle het name gehad en het uit haar hande geeet. Jeannie het nie die soort bokkies geken nie en wou haar verkyk en ek sou weer wat wou gee om vir my Ma n klompie dikdikkies te kon stuur. Min soorte is so mooi soos n klipbokkie soos hy in my wereld bekend staan. Hy is so eie aan sy gebied en beweeg met die stywe beentjies oor die skerp klippe so gemaklik en fluit so lekker deur sy neus. Wonderlik mooi. “ Are you praying Pine? Yes I am, I am so bloody homesick right now I think I must contact Kabous and we must go home. This elephant culling is not for me, I’ ve never ever liked it and never will. This is only a job but it is taking it’s toll on me. Murdering elephants is not for me. I did speak to you about this and you were very brave, and all the way I knew that you will not be able to go on killing at the rate that you are doing it right now. You know too much about me Lovey, but I am not a killer of elephants. I am a hunter and I do enjoy it, and I am so fond of nature and all it’s inhabitants, but I will not shoot any more sick elephants, except those that are dying. The minister and the government can fly as far as can be, I will send my team but I am out of this. There is a lot of money involved for Selby and myself but I will never rape my own conscience and do something that is not suited for me. Then just don’t do it, you will have to live with that guilt forever. Ek het haar aan die skouers gevat en op die rooi ysterklip gaan staan en my hart was bitter seer, ek wou nie een enkele dier onnodig dood maak in my lewe nie, ek was n jagter in murg en been en ek het elke dier lief gehad, ek kon nie verder gaan nie. Dit sou my vernietig, dit sou my menswees en my gewete dood maak. Ek was mal verlief op Afrika en op haar, ek het n swaar vrag gedra en daar was baie keuses om te maak. Ek sou nie verder siek bulle skiet nie. Ek het besluit om Peter Capstick te bel en hom te laat kom en my te help met kliente en my jagters sou moes bulle skiet, hulle het nie n gewete gehad daaroor nie, ek het en dit was my eie probleem. Om te jag was een ding, om te skiet onder opdrag van mense wat nie die veld en sy diere geken het nie was iets heel anders. Die staat het die fondse verskaf en ons moes dans na die base, ek sou n uitweg vind. Vir die eerste maal het die amp van staats amptenaar nie vir my sin gemaak nie, ek kon nie en sou nie my gewete verkrag nie.

Binne die heuwels was die mooiste fonteine soos wat ek as n kind geken het, baie diere het daar kom drink en dit was maar net poele waar n mens kon afkoel. Botswana is warm in Maart en dit reen in die noorde bykans elke dag en die weer het soos altyd net na vier in die middag opgesteek en almal was bang vir die weerlig, hulle is terug en ons het lekker geswem in die vlak poele met ons klere aan mekaar geniet en my 416 was maar altyd naby my of teen aan my. Dit was werklik die eerste maal in n hele paar weke wat ons alleen was sonder inmenging en net kon gesels. Sommer net kon praat oor dit wat twee jong mense na aan die hart le en dit wat sou moes gebeur vorentoe. Dit was bykans skemer en ek het honger geword en ons het terug geloop, my hart was n slag skoon gepraat en ek was werklik verlig. Die weer was swaar en op die klipkoppie waar ons n rukkie gelede was het die weerligstrale geboor en ek was haastig om haar veilig te kon kry en op pad moes ons n leeuwyfie so effens omseil wat maar net gaan plat le het, “she must have cubs Lovey” want daar was nie baklei in haar oe nie en ons het sopnat met net n droe geweer by die basis opgedaag. Daar het n groot verligting oor my gekom en hoewel ons nie kos gemaak het nie en in die rantsoenpakke in gevlieg het was ek baie verlig. Die weer het losgebars met sy alle mag en ons het in die Cruiser gaan sit en blikkieskos geeet en lekker gesels en later het ek geloop want sy wou uittrek en het by die manne wat navorsing doen gaan aansluit. Ek en Katwindi en Luka en Temba het het lank gesels, ek het my in Matabele verduidelik, hulle het verstaan en my gevoel eerbiedig. Die skietery moes aan gaan en hulle sou dit moes doen onder my beheer maar ek sou nie daar wees nie. Ek en Capstick sou jag en hulle sou moes bulle skiet, dit was aanvaarbaar vir hulle. Ek het die veeartse so ingelig en my eie gevoel oor die toestand beskryf. Ek het byna soos n dief gevoel om hulle net te los, hulle het verstaan dat n witman se hart anders werk, ek het dit geweldig waardeer. Hulle het geen probleem gehad om aan te gaan met die uitskiet van bulle nie. Ek het vir Selby geskakel en gese dat ek kliente soek en sou gou as moontlik. Hy het lank met my gepraat en gese dat hy geweet het ek nie die man was om die werk te doen nie, hy het ook verstaan, dit was nog n verligting. Ek het met Jakkie oor die radio gepraat, hy het gese dat hy vir my gewag het, hy het geweet dat dit nie vir my gemaak was nie. Hy het my n Matabele jagter aangebied wat se naam Xolile was en het baie gedink van die man, hy was ook n ou tsetse jagter wat saam met met nog twee by hom gejag het. Ek kon hom leen vir so lank my mense bulle geskiet het.

Ek het vir Peter Capstick geskakel, hy was in Zambie, hy wou geld praat, soos gewoonlik. Ons kon nie ooreenkom nie en ek het n jagter by Kabous gekry wat se naam Herman Bekker was, hy het al lank in Botswana gejag en het die wereld geken, hy kon my vir n maand of meer help. Hy was n ou Suidwester en het van n plekkie met die naam van Kombat gekom en het al vir verskeie konsessie houers gejag. Kabous was baie erg oor hom en het hom baie hoog aangeslaan. Ek het vir Kabous gese om vir John Gleeson te se om terug te kom na my toe, ek sou die volgende aand by Nyati wees.

Die hele span sou onttrek vir n tien dae en dan sou die uitskietery voortgaan, ek het uitgesien om net weer kliente te neem en die boesman kwessie en die bevolking dinge te laat vlot verloop. Ek sou in beheer van Katwindi se span bly en hulle die staat se opdragte laat uitvoer, tog het ek uitgesien om weer met die bevolking en kliente te werk eerder as om olifante te skiet.

30 Maart 1978.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed