dit is al
dis die grys wolke daarbo
winde wat onbeheers waai
dakplate gee knarsend mee
die loeiende wind wat suig
wat ruk en pluk aan alles
dit wat los is meesleur
dis die verlatenheid
wat my siel verslae laat
ewige herinnering lê braak
in hart wat aanhou strek
probeer om te vergewe
dog nooit sal vergeet
Ó Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek