In my hande (brons afdeling)
my hande, krampagtig geklem om jou beeld,
kramp en sweet, my kop geboë in verlange;
verwagtinge eens so groot soos die son –
my lippe wat sukkel om die woorde te sê,
uit dieptes vanwaar die seer soos mos kom lê.
slegs my oë praat in strome stomme eggo’s;
trane wat losweg biggel oor my wange se rante
gee trane aan jou foto, geklem in my hande.
©callie 2016
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek