Jongste aktiwiteit:

‘n Ster vir Kersfees

Ek stuur vir jou ‘n ster,
want dit is Kersfees –
‘n lig wat helder skyn.
Een wat alle donker en bang nagte
so stil-stil laat verdwyn.

Dalk het jy het ‘n hoekie
in jou woning
wat na hierdie lig verlang.
Bind dan net ‘n toutjie om die sterpunt
sodat jy dit daar kan hang.

En sawens, my vriend
as die skemerte daal,
dit miskien vir jou voel
of die nag jou kom haal –
onthou om te kyk,
draai bloot jou gesig
na die sterre wat wink
– na daardie ewige lig.

Ek dink weer oor die melkweg
hierdie Kersfees –
‘n oneindig’ sterreskaar.
Selfs al staan jou huis onder die wolke,
die sterspoor loop steeds daar.

Vind vir jou ‘n plekkie
in die oopte
om in die towerglans te staan –
wend jou blik tot waar die liggies vonkel
in ‘n silwer hemelbaan.

Weet dan, my vriend
soos die lig van ‘n ster
is ek altyd daar
al is ek ook ver.
En ek hoop dat jy wis
die waarheid staan só:
Ek wou by jou wees
– dit moet jy maar glo.

So, ek stuur vir jou ‘n lig
in hierdie feestyd –
‘n blink ster om op te hang.
Ek’s seker daar’s ‘n hoekie in jou woning
wat na ‘n ster se lig verlang.

© Carma Shaw
23 Desember 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed