Sooibrand
in ń moderne winkelsentrum loop
is ń fees van helder kleure klere
ń innergeveg teen ń gekrap
om bankstaat te versleg
tot likwidasie status
in veld pad loop
lê die stof vaal oor vellies
en môre se reën verwagtinge
dit dwing gedagtes na kooperasie
om die oeslening uit te brei
na uitboer status
tussen son opkoms en aand stap ons
onbeperk rond, gefokus op soek na
seisonale modes of die goeie oes
as tydelike verligting voor
die groot sooibrand
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.