In die koelte van ‘n krom Karee
In die koelte van ’n krom Karee sprei lappieskombers en vonkelwyn Malmiere baljaar in smeltsjokolade want die wind het wilde woorde woes, warrelend weggewaai na wye wildvreemd’ oorde In ‘n vrotskuit op die spruit met slegs een enkel spaan sypel water deur die bodem wyl Rooivink kwetterend skree op die riffels van die water – […]
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]
Een se dood
Met jou horisontaal glad, pienkstreeplyf wydsper gapende bek beur jy onverpoosd voort skubbe lank reeds vodde soos jy swem vir ‘n plek Stroom-op bly spartel met jou einde in sig waar water nie meer kartel jy wyfie-eiers moet bevrug witpens nou hemelwaarts dis water onder die brug Maar op die oewer oorkant – kreun meneer […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate en bruê van beton tot waar die son skyn oor somervelde en […]