Reënboog sinsnedes
jou goudkwas heuning sinne eens boepensvol gevul met reënboog-mooi beloftes drup in karkas van ‘n wolf wat skaap se jas wou dra maaiers vreet hul feesmaal as die reënboog sinsnedes mettertyd verrot, verdof in hul sterk dermkanaal
Soos die voëls van die hemel
hoe dans ‘n kwikkie tog so wipstert fyn rinkink ‘n vink, en laat die riete roer in bome, waar die son deur blare skyn breek die dag vir ‘n duif wat lustig koer as die rooivlerkspreeu so verleid’lik fluit en muisvoëls kwetter waar die pers bos blom drink jangroen uit die kanferfoelie tuit – hoe […]
As disseldons dans
Die vuuurbal se glimlag word halfmas versteek soos die swanger dag oor die horison breek Disseldons dans oor die stofpad se blad as kiereie-kierie donkiekar koers dorp se kant toe vat Warrelwind kom kegel rooistof teen die duin ou miskruier strompel in tru-rat deur woestyn Rollende wielspinnekop kom dronkerig kietsregop salamander trippel kruispoot om te […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
Dis sulke doef-doef geluide.
Vrolike spierwit skoenlappers smash een vir een vir een v i r e e n teen my windskerm en skiet gate in my hart. @ Anria
In die skemer van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]
Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou kyk hoe luv die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra en as ‘n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra soek diamante in sy oë vra hom of hy glo in die liefde en of hy omgee vir die diere […]
Vlooitjie
O vlooitjie, o vlooitjie, wat soek jy tog in my hare. Jy loop daar rond en voel baie honger, maar jy gaan daar verdwaal soos tussen ‘n groot skare. Vlooitjie, gaan sit op iemand anders se kop, ek is ook nou al moeg gekrap, loop weg, of vlieg jy? Dit is nie nou meer ‘n […]
DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Skemeraand oor Jonkershoek
o helder, helder water o groenste, groenste blaar kyk hoe lê die lelieblom so skoon onskuldig daar * ‘wyl skemer teen die wal kom rus kwaak daar nog paddas in die dam tussen lang gras en ‘n rietpol word stille skadu’s vasgevang o diepste, diepste klowe waar dit eggo sonder taal hier boggom bobbejane reeds […]