Jongste aktiwiteit:

Soos die voëls van die hemel

hoe dans ‘n kwikkie tog so wipstert fyn
rinkink ‘n vink, en laat die riete roer
in bome, waar die son deur blare skyn
breek die dag vir ‘n duif wat lustig koer

as die rooivlerkspreeu so verleid’lik fluit
en muisvoëls kwetter waar die pers bos blom
drink jangroen uit die kanferfoelie tuit –
hoe soet die sap wat uit diep kelke kom

pelikane sweef langs ‘n skedelkus
oor die wy’ oseaan, die koudste see
‘n albatros vind op lugstrome rus –
dis storm en wind wat sy vlerk krag gee

die lewe’s nóú, wis elk voël klein en groot
‘n hemels’ vlug – in ‘n stryd – tot die dood

C. Shaw
3 April 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed