‘n Man se probleme ..
Hier sit ek alweer in die kroeg,
ek kyk diep in my glas, ek is moeg geploeg.
En die borrels in my bier,
begin my lewe nou versier.
Drink die sorge weg,
maar môre is dit weer daar,
plus nog een, ek en dié vrou wat veg,
aai ‘n man raak ook moeg, finish en klaar.
Swaar dra ons aan die hele gesin se sorge,
maar ons staan ook saam, vir ‘n beter môre.
Wie sal dan tog ons laste dra?
As daar dan net vir ons gesê word,
ons vra veels te veel vrae.
aaai man, en ek vind my weer in die kroeg,
nog ‘n dag verby, moeg geploeg.
Gaan nie vandag te diep in die glas kyk,
ek wil liewers betyds wees vir aandete,
want mamma het gisteraan vir my gesê,
volgende keer maak sy, my ‘n lyk.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou ..
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Kwaai Mamma die en tereg. Ek dink 'n paar manne kan hul hier vereenselwig. Goed gepen.