Omnivoor Spons
Omnivoor Spons
Mens onthou tot ver in die verlede
soms maar net ‘n gebeureskelet in
breë trekke, want oor die fyner detail
het ‘n wasigheid toegesak en jy kyk
deur ‘n dof gekraakte stuk glaspaneel,
maar daar was gebeurtenisse so skielik
en akuut waarvan die impak en breekslag
jou wese aan skerwe laat versplinter het
soos ‘n stuk glas en die trauma ‘n angel
wat jou hart lewenslank deurpriem want
‘n mens vergeet nie die geheue is ‘n vraatsige
onversadigbare omnivoor spons wat alles
sonder keuse opslurp hetsy vreugde verdriet of
kennis en stoor as lewenslange geestelike padkos
sommige lekker en ander
onverteerbaar sleg—
Janetta – Helena [Babs] ©
6 Kommentare
-
-
Elizabeth Greef
Hi, lyk my hier het nou 'n probleem opgeduik. Ek het kommentaar gegee op spons-omnivoor en nou le dit by die gedig wat ek net voor dit geplaas het. My kommentaar was vir Janetta bedoel.
-
Elizabeth Greef
Nee, ok, dis reg. (askies, dom-blond)
-
-
-
Anze
pragtig tannie Babs, ja as mens maar net altyd die mooi kon onthou ... maar ook uit die seer het ons soveel geleer al is dit nie lekker om te onthou nie...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth Greef
Die lewe so raak beskryf. Ja, die brein is voorwaar 'n spons met derduisende laaitjies in sy argief. Prag werk.