Jongste aktiwiteit:

Grootput Nostalgie

Die dae op Grootput,
hoe kan ek dit vergeet?
Daar het ons soos Boas en Rut
se onder-by-die-voete-inkruip-lossingsreg,
aalwynheuning
en Mannabrood gebreek.

Ek hoor weer die kinders se Livingtonstemme,
hoe uitbundig hulle die kwartelbos ontdek –
bederf jy ons met ñ worsie op die kole
wyl ek impromptu tonele vasverf.

Die likkewaan-okerkoppie,
knietjiegras witgeeldof en stoppelpers
waar, in die kroon van ‘n Pierneef-sering
die Bontroklaksman op sy skril polisiefluitjie
sy hartsverlange, wyd uitkners.

Ja, die dae op Grootput
is nou skilderytjies teen my muur,
walm-op, ( van ons eens inkarnate seisoene )
slegs die wierook
uit ñ ou verkoolde vuur.

©Elizabeth Greef




9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed