Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes
huil die winterwind – so skraal –
weer ritselend deur pluime gras
in rou gekleed, en vaal
‘n koester vlieg steeds weer en heen
alsó deinend is haar vlug
oor gister sal sy nimmer ween –
in elke droom vind ek dit t’rug
© C. Shaw
13 April 2016
4 Kommentare
-
Arnold
Ek hou veral van strofe een.
-
Anze
baie mooi vasgepen Carma
-
Kiekies
Dit raak aan my siel: oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig geskryf carma