DIE WINKENDE DOOD HFSTK 5
Catherine se pa het vir haar n woonstel naby die technicon gekry en is hulle drie dae voor die tyd al daar om meubels vir die woonstel te kry en haar te help intrek. Die dag voor die Technicon begin gaan Antionette saam met Catherine om haar studies te betaal en haar ook in te skryf vir die jaar wat voorlê. Met al die studente wat inskryf raak dit n lang en vermoeiende dag en kom hulle eers die middag weer terug by die woonstel. Antoinette is redelik haastig oppad huis toe en groet sy net voor sy in die pad val huis toe en Catherine alleen in haar nuwe woonstel agterlaat.
Die aand is dit n opgewonde Catherine wat in haar woonstel sit en is sy vir die eerste keer in haar lewe alleen en op haar eie. Dit is toe die verlange op haar toesak en sy na haar mense verlang en wens dat sy liewer by die huis is. Terwyl sy nog so sit en mymer is daar n klop aan die deur. Catherine staan op en loer eers deur die loergaatjie. Voor die deur staan n meisie en maak Catherine die deur oop. Voor haar staan n mooigeboude meisie met ligte hare, geklee in n deftige swart twee stuk pakkie met n wit hoëhals bloes. Sy is kunstig gegrimeer, duidelik n stadsmeisie.
Sy steek haar hand deur die tralies van die veiligheids deur en groet: “Hallo, my naam is Dalene Jacobs. Ek is jou buurvrou en het gou kom kennis maak met my nuwe buurvrou”.
Catherine stel haarself voor, sluit die deur oop en nooi Dalene binne. Hulle gaan sit in die sitkamer en begin die groot kennismaking. Catherine vertel haar alles van haar en toe Dalene van haar begin vertel kom Catherine agter dat Dalene so 23 is. Sy kom ook van die platteland af en werk as n ontvangsdame by n groot regsfirma en is nou stedeling wat die stof van die platteland permanent van haar voete afgeskud het. Sy vertel vir Catherine dat hulle die enigste jong meisies in die ry woonstelle is. Die ander inwoners is redelike ouer mense met die uitsondering van Jaap de Villiers wat langs haar bly.
Dalene skud haar kop toe sy van Jaap vertel: “Ek dink hy is skeef Catherine, hy steur hom nie aan vrouens nie en het hy n mans vriend wat gereeld by hom kuier. Ek het al my bes gedoen om hom oor te nooi maar elke slag wys hy dit ewe beleefd van die hand.
Toe Dalene later gaan word Catherine vir die volgende aand oorgenooi vir aand ete.
Toe Catherine die aand Dalene se woonstel instap is dit n heerlike kosreuk wat haar uit die kombuis tegemoetkom. Sy laat haar oë vinnig oor die moderne meubels in die sitkamer gly. Dit getuig van goeie smaak en is beslis nie goedkoop meubels nie.
Dalene verwelkom haar hartlik en gaan sit hulle in die kombuis. Dalene gooi vir hulle elkeen n drankie in en sit hulle hulle drankies en geniet en gesels hulle maar oor algemene dinge. Dalene vertel van haar werk en Catherine vertel meer van Vaalbos. So onder die gesels deur begin hulle tafeldek en na n heerlike ete help sy gou vir Dalene skottelgoed was en trek hulle daarna sitkamer toe waar Dalene vir hulle nog n drankie ingooi en vir hulle n laserskyf met sagte strelende musiek in die laserskyfspeler sit. Toe hulle gaan sit steek Dalene vir haar n sigaret, toegedraai in bruin papier, op en neem n paar diep teue soos sy die rook intrek, n rukkie inhou en dan stadig uitblaas.
Vir Catherine is rook nie vreemd nie, haar pa rook al jare en ken sy tabakreuk. Sy kom dadelik agter dat die sigaret wat Dalene rook n soet reuk het wat sy nie ken nie. Op haar vraag wat se soort sigarette dit is antwoord Dalene haar dat dit n spesiale soort is wat sy self maak en dat sy dit rook omdat dit haar help om die gejaagde lewe beter te hanteer, “Ek het begin rook nadat my vriend my so gruwelik in die steek gelaat het vir n jong poppie. Ek kon die alleen en eensaamheid net nie meer hanteer nie” vertel sy en vra sy of Catherine ook een wil hê. Catherine skud haar kop, nee dankie, maar kan sy voel dat die drankie wat sy drink begin kop toe trek.
Sy kom egter agter dat Dalene besig is om in ander wêreld in te beweeg en toe weet sy, die sigaret wat Dalene rook is nie suiwer tabak nie, daar is iets by om die sigaret skop te gee. Sy onthou dat van die meisies by die kuierplekke ook gerook het en die sigarette met mandrax of dagga gedokter was. Die mandrax en dagga gaan longe toe en beland baie vinniger in die bloedstroom as wanneer jy die mandrax drink soos sy gedrink het.
Sy kuier nog n rukkie en gaan toe terug woonstel toe en is dit in haar bed wat die hunkering na verdowings middels haar oorval as gevolg van die rook wat sy ingeasem het. Sy raak egter later aan die slaap en skrik die oggend met n hoofpyn wakker wat gou bedaar nadat sy twee hoofpynpille gedrink het saam met haar oggendkoffie. Daarna is dit vinnig boeke bymekaar maak en technicon toe stap wat binne stapafstand is.
Die middag terug van die technicon af wy sy haar aandag aan haar studies en aangesien dit Vrydag is begin sy wonder wat sy die naweek gaan doen om die tyd om te kry. Sy wil nie die stad op haar eie gaan verken nie want sy is bang om vrou alleen die strate in te sak en sodoende die slagoffer van n grypdief te word. Dalene het ook niks gepraat van die aand nie en neem Catherine aan dat sy reeds ander planne vir die aand het.
Haar voordeur staan oop want dit is n warm dag en sien sy Dalene later verbystap. Sy oorweeg dit om na Dalene toe te gaan maar besluit daarteen, sy wil nie n oorlas van haarself maak nie en sit sy maar die televisie aan om te sien of daar nie iets op is wat sy van sal hou nie. Sy kry n program en is dit terwyl sy dit sit en kyk wat sy n redelike ouerige man voor die deur sien verbybeweeg om n oomblik later Dalene se voordeur klokkie te lui. Sy kan hoor hoe Dalene die voordeur oopmaak en die man innooi.
Sy sien Dalene nie die aand nie en gaan slaap later.
Sy lê die Saterdagoggend nog in die bed en lees toe daar aan haar deur geklop word. Sy gooi net haar kamerjas oor en loer eers deur die loergaatjie om Dalene, ook net in n kamerjas oor haar nagklere, voor die deur te sien staan. Sy nooi haar binne en gaan sy kombuis toe om vir hulle koffie te maak en toe kry die nuuskierigheid oor Dalene se besoeker die oorhand toe Catherine vra: “Wie was jou besoeker gisteraand. Die man is heelwat ouer as jy. Moet sê jy kon hom deur n ring trek”.
Dalene glimlag en antwoord; “Ag wat dit is sommer iemand wat saam met my werk en gereeld Vrydagaande hier by my kom kuier vir bietjie geselskap. Dan drink ons n drankie of twee saam, ek maak iets te ete en gesels ons oor alles en dan gaan hy huis toe”.
“Ek gaan bietje stad toe en wil hoor of jy wil saamgaan dat ek jou die stad gaan wys en wil ek sommer inkopies ook doen vir die week. Ek kry nie deur die week kans daarvoor nie, is net te besig”, vra Dalene vir Catherine.
Catherine is dadelik te vinde hiervoor en gaan stort sy gou en trek aan terwyl Dalene haar ook gaan gereed maak en is dit nie lank nie of hulle vaar die strate in met Dalene se klein Chico.Vir Caherine is die uitstappie saam met Dalene n wonderlike ervaring. Sy is nie die stad gewoond nie en is die winkelsentrums vir haar n splinternuwe ervaring. Toe hulle klaar is gaan drink hulle koffe en eet iets by een van die kafees in die winkelsentrum.
Hulle laaste besoek is aan die drankwinkel en dan keer hulle huiswaarts met Dalene se woorde: “Nou is ons reg vir die naweek se verveligheid. Nou het ek darem n maatjie wat ek mee kan saamkuier om die tyd om te kry en met wie ek n hond uit n bos kan kuier. Vanaand gaan ek jou die naglewe in die stad wys. Ek gaan nooit nie want ek wil nie alleen gaan nie. Vrou alleen is dit bietjie gevaarlik en ek juk vir n kuierplek”.
Die middag kuier hulle in Dalene se woonstel en na so twee drankies raak hulle al vroliker en Dalene se tong raak al losser. Een van Dalene se sigarette maak haar tong heeltemal los en begin alles vir haar snaaks word en wil sy haar doodgiggel oor alles. Catherine skud net haar kop maar die reuk van Dalene se sigarette is besig om iets in haar los te maak en erken sy die ou hunkering na n dwelmmiddel in haar.
Dit is toe Catherine die eerste tree gee en een van Dalene se sigarette opsteek. Dalene wil haar doodlag toe Catherine met die eerste teug haar longe wil uithoes maar met die tweede trek gaan dit al beter. Die verdowings middel in die sigaret werk dadelik en dit is vir Catherine of n heerlike nuwe gevoel in haar na vore kom. Sy voel roekeloos en met die volgende trek neem die verdowings middels oor. Dit voel vir Catherine of sy sweef en alles lyk vir haar net anders en begin sy ook saam giggel oor alles. Dit maak ook dat Catherine nie eers terugdink aan die tyd wat sy verslaaf was en die hel wat sy deurgegaan het met die tyd wat sy gerehabiliteer is nie, dit is of sy op n ander planeet is.
Saam met drank het veral dagga die manier om mens alle inhibisies oorboord te laat gooi en is dit presies wat nou gebeur met Catherine en Dalene. Alles begin anders lyk en gee hulleself oor aan die heerlike gevoel wat in hulle posvat. Vir n hele ruk is hulle heeltemal deurmekaar en help die musiek wat Dalene begin speel die gevoel verder aan. Op maat van die musiek begin hulle hulle lywe ruk en pluk wat met die tempo van die musiek opbou tot hulle giggelend en uitgeput op die mat neersak.
Catherine wil weet wat alles in Dalene se sigarette is en vertel Dalene haar dat dit mandrax en dagga is. Sy vertel ook vir Catherine dat sy soms iets sterker gebruik omdat die mandrax en dagga soms nie genoeg is nie. Dit beperk sy egter tot naweke en vertel sy Catherine nie wat dit is nie behalwe dat dit n baie sterker skop het as die rookmengsel.
Catherine op haar beurt vertel vir Dalene dat sy aan mandrax verslaaf was maar dat sy dit gelos het nadat sy uitgevang is en gerehabiliteer het. Sy het soms nog drange na dwelms maar sy het al geleer om daarmee saam te leef sonder om toe te gee en haar weer tot mandrax te wend om haar liggaam tot bedaring te kry.
Dalene praat haar later om en die aand gaan besoek hulle n kuierplek en kom eers drie uur in die bed.
Catherine skrik Sondagoggend agtuur wakker en gaan maak dadelik die voordeur oop want die plek voel vir haar benoud. Sy maak vir haar koffie en gaan trek sy gou haar kamerjas aan terwyl die water kook. Terwyl sy in die sitkamer sit en koffie drink sien sy vir die eerste keer vandat sy hier bly vir Jaap de Villiers toe hy voor haar deur verby beweeg. Hy is in n netjiese pak klere geklee en is seker oppad kerk toe. Catherine voel skielik skuldig omdat sy nie vanoggend kerk toe gaan nie en neem sy haar voor om Jaap op te klop en by hom te hoor of sy nie Sondae saam met hom kan kerk toe gaan nie. Sy voel ook skuldig oor die vorige aand want sy weet sy hoort nie daar waar hulle was nie.
Klaar met haar koffie gaan stort sy gou en trek haar oorjas aan want sy wil die woonstel uitsuig en bietjie afstof. Sy is nog besig om die sitkamer af te stof toe Jaap de Villiers terugkeer en sy hom voor die deur sien verby beweeg. Sy los alles en roep hom toe hy net voor sy deur gaan staan om oop te sluit. Hy kom egter terug en wag sy hom in. Toe hy voor haar kom staan stel sy haarself voor en hy stel hom ook self voor. Catherine nooi hom in en toe hulle gaan sit vra Catherine: “Meneer ek is nog maar vreemd hier in die stad. Ek sien aan jou kleredrag dat jy seker kerk toe was en ek wil vra of jy sal omgee om my Sondae saam met jou kerk toe te neem. Ek is gewoond aan Sondae kerk toe gaan”.
Jaap glimlag vriendelik vir haar : ”Los die meneer, ek is Jaap en dit is baie onverantwoordelik van jou om n wildvreemde man so in te nooi. Hy kan dalk die groot wrede wolf wees wat jou ma jou teen gewaarsku het. Catherine jy is baie welkom om Sondae saam met my kerk toe te gaan. Ek is bly dat jy dit wil doen want so baie jongmense kom stad toe en raak net verlore omdat hulle nie by n kerk en sy aktiwiteite inskakel nie”.
Catherine kry nou die kans om Jaap te beskou en sy hou van wat sy in die swartkop aantreklike man sien. Sy skat hom so 25 en wonder waarom hy niks met Dalene te doene wil hê nie. Sy vra egter nie en laat dit daar en nooi Jaap vir n koppie tee wat hy aanvaar. Onder die teedrinkery vertel sy hom meer van haar en vertel hy haar dat hy n reken meester is en dat hy ook van die platteland af kom.
Hulle het hulle tee net klaar gedrink toe Dalene aan die voordeur klop. Catherine staan op en toe sy inkom is dit of Jaap skielik haastig raak en verskoning maak met: “Ek moet nou gaan. As daar enigiets is kan jy enige tyd kom vra. Jy weet waar ek is”.
Dit is toe Catherine haar vertel dat sy met Jaap afgespreek het om volgende Sondag saam met hom kerk toe te gaan want sy voel sy wil darem Sondae in n kerk kom. Sy sê ook vir Dalene dat sy nie weer na n kuierplek toe sal gaan nie, dit is nie vir haar nie.
Dalene kyk vir haar en antwoord: “Nie vir my nie dankie. Ek was vandat ek in die stad gekom het nog nooit in n kerk nie en het geen erg aan die skynheilige spul daar nie. Ek is genoeg deur n skynheilige pa gedwing wat Sondae vroom in die kerk sit en my ma skaamteloos deur die week verneuk het totdat hulle geskei is toe ek hom met sy sekretaresse gevang het”.
Die week gaan sy normale gang en kuier Catherine en Dalene maar saans oor en weer tot die Vrydagaand toe wat Dalene se vriend vir haar kom kuier. Hulle eet saans oor en weer bymekaar en na ete rook Dalene n sigaret maar Catherine rook nie weer saam nie al voel sy sy kan die mure uitklim van lus vir n dwelm.
Die Vrydagaand weet Catherine nie wat om met haarself aan te vang nie en besluit sy sy gaan vir Jaap kuier. Eers maak sy haarself mooi en stap toe na Jaap se woonstel toe. Hy is heel aangenaam verras toe Catherine aan sy voordeur klop en nooi hy haar dadelik binne. Wat haar dadelik opval is die smaak van die meubels in die sitkamer. Jaap is toevallig besig om vir hom aandete te maak en word Catherine genooi om saam te eet. Jaap is die perfekte gasheer en geniet Catherine elke oomblik van sy geselskap want Jaap gesels land en sand oor alles en kom sy agter dat die man oor n wye algemene kennis beskik wat hom baie interessant maak.
Catherine voel ook baie tuis in sy geselskap. Toe hulle klaar ge eet het was hulle saam skottelgoed en gaan sit hulle in die sitkamer nadat Jaap vir elkeen n koeldrank ingegooi het. Dit is toe dat Catherine hom vra: “Ek hoor Dalene het jou al n paar keer oor genooi wat jy van die hand gewys het. Wat is die rede Jaap”.
Jaap antwoord haar dadelik: “Sy is nie my tipe nie. Wat meer is ek vermoed sy gebruik dwelms want ek het al geruik sy rook dagga en ek hou my nie daarmee op nie. Dit verwoes te veel lewens en dit is iets wat met wortel en tak utgeroei moet word. Jy moet oppas vir haar Catherine, sy sal jou in die afgrond in verlei”.
Die aand gaan vinnig verby en nooi sy Jaap vir die Sondag oor om by haar te kom eet.
Saterdagoggend klop Dalene vroeg aan haar deur en nooi Catherine haar in. Dalene is duidelik heeltemal deur die blare en ruik Catherine dat sy so pas n sigaret gerook het. Alhoewel die drang in Catherine haar dadelik die mure uitdryf slaag sy tog daarin om dit te onderdruk. Hierdie slag is sy nie so ver heen dat die drang hande uitruk nie en kalmeer sy later.
Sy beskou Dalene aandagtig en dan sien sy die tipiese tekens. Groot Pupille. Senuweeagtigheid en wil Dalene haar weer dood giggel oor alles en is sy pure bewerasie.
Dalene gaan later na haar woonstel toe en is dit daarna wat Dalene van haar sterker middels n druppeltjie met n oogdropper in haar drankie wat sy geskink het ingooi. Saam met die sigaret werk die middel feitlik onmiddelik en sweef Dalene weg in n vreemde wêreld van kleure terwyl haar asem wegraak. Sy raak benoud en voel dit of iemand haar wil verwurg. Sy verloor haar bewussyn gelukkig toe sy op haar bed lê, sy het haarself oordosseer soos so baie keer met dwelmverslaafdes gebeur. Gelukkig was dit te min om haar dood te maak en kom sy die volgende dag by maar voel sy aaklig Sy kan nie vinnig genoeg n daggasigaret opsteek nie.
4 Kommentare
-
Arnold
Dankie vir hierdie intense aflewering.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe Neels hierdie verhaal is so intens, ek het weereens heerlik gelees en kan nie wag vir die res van die hartseer verhaal nie