Jongste aktiwiteit:

Seerower skatte

Soos soutsproei saggies klots
teen sinkskip se uitsteek mas
wonder mens onomwonde
wat versteek, geberg hier was

Die roesverweer-erosiedek
vol aangeslane muntstuk
vertel sy eie ryk verhaal –
is hul skatte dalk weggeruk

Skip se stuur steeds rumbevlek
skets prent van dom matrose
was dit immers hierdie defek
wat hul ontneem het van die bose

Vuil luike vol slym-seewier
verhoed dat buitestaander
laaste helse sinktoneel
nuuskierig, vraend aangluur

Eenkant langs ‘n loodswaar anker
in repe geskeur en erg verweer
wieg ’n seerower-kopbeen-vlag
wat waghou oor sy kosbar’ vrag




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed