Pramberg in sig
skemer triptoon suutjies
waar ek staar deur die kruishoutraam,
‘n skraalte blikaspaai oor dor vlakte,
wieg saam met brandsiek winde se rumatiek gekreun
teen glas
die reuse eik strek wintertaai in naaktheid
en ek nie kan help om te kreukel teen die bleek
van Pramberg se stuwing in die verte nie –
verbeel ek my, of is sy rugstring selfs meer gekrom vanaand ?
ek skuifel terug na ons koue bed,
probeer onthou wanneer jou asem laas
hier gehang het-
gedagtes het ‘n meedoënlose gewoonte om hulself
te herhaal wanneer blou (soos nou)
teen ruite kleef
dalkies slaan hierdie landskap skuins na middernag brand
in magenta kleure wat beef.
© 2011 Almarie Truter
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek is mal oor jou gedigte.. pragtig geskets!