Moppie vir haar ghantang
dit reën
damme klots tot boordensvol
en klippies kring wyer as haar gedagtes
berge kloof deur bloedjong dae
en sy loop kaalvoet deur die laan,
pluk waterblommetjies in donker water,
sy bring die Boland na jou toe, my lam
robyne swem in haar glas,
druif staan ferm geswel –
nagvog kruip weg onder haar vel
en die akkerboom voor haar bed
streel die bolandse nooientjie, my lam
haar wortels is vertak in hierdie vallei
hier waar paddas in die vlei
ontplof soos kurkproppies in die nag,
waar die uil op die gedenkskool se dak
tot vroegdag vir haar sit en wag –
die bolandse nooientjie sing moppies vir haar ghantang,
die nooientjie is gelukkig, my lam.
© Almarie Truter
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
dis baie mooi :-)