Jongste aktiwiteit:

Winter nostalgie

Snerpend, die wind oor die wesrand vlaktes,
bring terug in my verlede se gedagtes.

Kameel kleur grasse ruk dawerend rond,
klou vas aan droe aarde grond.
Leeggestroopde takke, dor en alleen,
Staan in die koue kromgetrek en kreun.

Snoesig in my pandokkie, toegevou in kombers
verlig met n fladderende selfgemaakte kers.
Hoor ek die wind, spookagtig deur die spasies huil,
wil ek roerloos in my hoekie skuil.

Die kontras so uniek – die winter wat kom stroop,
los altyd in my hart weer n nuwe hoop.
Veilig en geborgre, in my skuiling versteek
terwyl die koue elke gatjie stuk-stuk deurbreek.

Winter los n warmte, in tevredenheid gevou,
dat ek deur seisoene aan n toekoms kan bou.
Paula Paxton




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed