Tyd vir omdraai
Tyd vir Omdraai
Deur: Ryno du Plessis
Stormsee, donker dae het ingetree.
Met my eie krag wil ek die woeste vermag.
Die lewe eis al my krag.
Branders van verkeerd spoel oor my; ek kan hulle nie vermy.
Dit is nou te laat. Hoe sal God my nou bevry?
Dit is juis Hy wat op die water loop, die see met Sy stem bedaar.
In die storm is waar ek en jy God gewaar.
Draai om voor die groot gevaar; God sal jou bewaar.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.