wit huisies
as ek links kyk sien ek wit huisies
so ook as ek regs kyk, net wit huisies
so ver as die draai van die baai wit huisies
voor my oog span die wit strand wyd na alkant
bruis die blou golwe en val in wit sprankelende borrels
saam met die son wat sak verf dit die baai in oranje gloed
selfs die laaste meeue op pad huis toe lyk effens rooi
waar ek sit begin die braaivleis reuke versprei
word die reuk van rooikrans hout vertel
met heerlike rooi kole onder roosters
waaroor die skaap ribbetjies
spitter-spattend skroei
rustigheid lê soos
donskombers
oor onse
baai
©Tearlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.