Jongste aktiwiteit:

My vriend

My Vriend.

Soos ‘n oostewind het jy deur my lewe kom waai.

Deurmekaar het ek jou gevind, soos sand waar eens ‘n lewe was.

‘n Koele bries van die berge, waar hitte oorheers het.

Die wind het geheime gedeel, met woorde van liefde en omgee gefluister.

Saam het ons gesweef op vlerke van arende, hoogtes bereik waar die lewe vrees.

Drome gedeel oor wat wense begeer. Ons wou net altyd wees.

Skielik, stille wind, jy is weg.

Drome kwyn. Stilte heers.

Mag die wind van vrede jou vind

en eendag huistoe waai.

Mag storms jou nie gewaar nie.

Mag liefde jou altyd bewaar.

Tot die dag wat die noordewind

ons spore weer laat kruis, wens ek jou die beste toe.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed