A cappella
eensaam en alleen
sit ek op my duin en luister
na die welbekende bas stemme
van die verlede wat A capella na my kom
baanbrekerstemme wat vandag polities negeer word
stemme wat onuitwisbare spore op ons nagelaat het
stemme wat ons siele steeds raak in skoonheid
die reinheid daarvan bereik steeds my gees
tussen die raasheid van die golwe
wat wit soomspoortjies laat
op die wit seestrand
van my hart
mag ons
kinders
nooit
die rykdom
van ons erfenis
vergeet nie
mag dit in hul harte
ook vreugde bring
oor hul herkoms
geskiedenis
mens-wees
© Tearach.
(Rudi Neitz het lank voor 1994 bewys dat die suiwer mensstem (sonder instrumente) ‘n reuse-treffer in die Afrikaanse mark kon wees.
- Wias van Wyk
- Die Minnesangers
- Ge Korsten (in sy vroeë koor- en manskanderings)
- Manie Jackson se vroeë invloede (Die Kerkkoor-tradisie)
Om die musiekbedryf werklik te verstaan, moet mens die hele prentjie kan sien. Kunstenaars soos Rudi Neitz en Wias van Wyk het met ongelooflike stembereik en pioniers-ateljeestyl ‘n blywende stempel op Afrikaanse musiek gelaat. Net so het die tradisionele Isicathamiya- en Gwijo-style aan die ander kant van die kultuurbreuk ‘n unieke Suid-Afrikaanse stempel op die wêreld afgedruk.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.