Jongste aktiwiteit:

Die gesoek na Piet se honderd ponder en so n paar draaie
vir

Die gesoek na Piet se honderd ponder en so n paar draaie

Ek het gewoonlik elke aand met my dagboek gaan sit en beplanning gedoen. Dit was by die kantoor kompleks waar die radio en satalietfone was en Jeannie of Maria het daarin geskryf wat of die staat of Selby wou gehad het of enige ander probleem. Baie dae was ek weg en het Bruce ook kom boodskappe inskryf en baie male was dit radio berigte van probleem diere of toeriste klagtes wat my direk geraak het. Die personeel het gou geleer dat ek my nie steur aan aan mondelinge boodskappe nie en alles moes op skrif wees. Baie kere boesman kopsere en dan weer bevolking wat probleme met beeste en leeus gehad het. Dit was n groot gebied en my werk was bykans allesomvattend en dit wat ek nie kon delegeer nie moes ek self gaan doen. Daar was n probleem olifant by n plek wat ons Lekgrond genoem het. Omdat die kaarte nie name op gehad het nie en net hier en daar inheemse name was, was alle nuwe plekke Afrikaanse name gedoop en so op my persoonlike kaart ingevul. Jan Hugo wat ook Afrikaans was en die boesmans hanteer het en ek het so saam besluit dat ons die werk moes doen en dit sou ons name wees.

Lekgrond was binne die reservaat, daar was n baie sterk fontein met n groot watergat en omdat ek so baie boesman glasvesel huisies gehad het, het ek twee kampies apart laat omhein daar. Die een sou vir inheemse boesmans wees en die ander een kon deur jagters, natuur manne of toeriste gebruik word. Dit was primitief maar baie goed beskerm teen wilde diere en het n baie mooi uitsig uit drie Kremetarte op die watergat gehad. By die toeriste gedeelte het ek n boesman parool gehad wat kon n mate van Engels praat maar baie goed Afrikaans en hy en sy vrou het daar gewoon en mense ontvang en rond gewys. Sy naam was Kraanvoel. Die plek was byna meer besoek deur toeriste wat op hulle eie getoer het as die groter kampe. Die een slaap plek was binne in n hol Kremetart ingerig en daar kon baie mense slaap. Ons het net skuiling en storte gebied met vuurmaak hout, die boesman het n klein fooi gevra wat teen die wet was maar ek het hom laat begaan, hy moes die water vir die storte met emmers dra en bo ingooi. Hier kon die inheemse boesmans vrylik met vreemde mense meng en hulle gewoontes sien. Dit was ten weste van Rooigrond en in n baie wildryke deel, die gedeelte wat histories die meeste deur boesman nomade besoek was. Dit was suid van Nyati en ten noordweste van die Nxai panne en kon net met 4×4 voertuie besoek word. Jy moes eers by die groot kampe aansoek doen en dan jou tye en datums uitwys sodat iemand kon kom soek as jy dalk gestrand was. Dit was die rede dat ons nooit voertuie sonder sleep gereedskap gery het nie. Ons het baie voertuie gesleep na die groter kampe toe waar daar met die buite wereld kontak gemaak kon word. Later het ek n pyp gebruik want nie almal het geweet hoe om n sleeptou te hanteer nie. Baie het so op die briek gele dat die bande later wou rook en jy nie die voertuig kon sleep nie.

John was siek van sy behandeling en Piet het vroeg geroer en ek het hom genooi om op die dek by my te kom sit. Sy voete was swaar verbind en hy het moeilik geloop en ek het dat hy die diere dophou en ek het deur die papiere gewerk. Die belangrikste was die olifant wat voertuie geskraap het by Lekgrond. Luka het gekom en ons het Engels gepraat en ek het gese dat hy die boesmans moes kry en die ander bakkie moes neem want ons moes die probleem gaan uitsorteer. Van Nyati af het ons met n uitgeryde veld paadjie gery na die plek toe. Daar was nie groter paaie nie en dit was maar ons manier van ry. Piet wou saam ry en ek het n redelike preek afgesteek en my dinge mooi uiteengesit. Ek wou n probleem olifant gaan skiet en hy was welkom maar hy moes nie kla oor enigiets nie. Dit was nie n jagtog vir hom nie maar maar n sending waarop ek moes gaan.

Luka het ons bakkies gepak en ek was reg om in die veld te slaap en het maar net my gewere en komberse nodig gehad. Kos het hy in gepak maar dit was ook nie so noodsaaklik nie. Ons het geweet hoe om in die veld te oorleef en ek het laat kos in pak vir die gaste en die boesmans en ons het die veld gevat sonder die gewoonlike twee spoor paadjie en ons is suid oos waarts in die rigting van Lekgrond. Luka wat mal was oor dubbel gewere het sy gewoonlike 404 en my 500 dubbel geneem en ek my 8mm en die 416. Piet het gevra of hy mag gewere neem en ek het gese dat dit reg is en hy het n 300 H&H en n 500 H&H dubbel gehad en vir die eerste maal het ek sy gewere gesien. Die vloedvlaktes was soos altyd maar vol wild en baie soorte en die gebied het baie reen die laaste paar dae gehad en die veld het met die warm dae byna soos handomkeer verander. Die reenseisoen was kort en die natuur het op elke druppel gereageer en baie vinnig ook. Ek sou by Rooigrond aanry en probeer n paar varke skiet vir die boesmans daar en die eerste beer het so honderd meter van die bakkie af op sy kniee gewei en ek het vir Piet die skoot aangebied, hy het met baie gesukkel die vark uit die bakkie geskiet en gevra of hy mag fotos neem en ek het hom gelos met die besigheid. Ek en Luka het die olifant bespreek en hoe ons sou maak. Dit was ons eerste jag alleen by olifante en ek het geweet dat hy ook n meester was. Ons het gepraat oor die seervoet man wat hulle die vorige dag so laat loop het en sy indrukke was maar nie om oor uit te brei nie. Ons het Matabele gepraat as dit ons gepas het. Die vark is gelaai en Piet wou die kop gehad het, ek het gese dat dit reg was en die vark by Rooigrond afgelaai en is wes waarts in die rigting van Lekgrond.

Ons het n hele ent gery voor ons die 4×4 pad gekry het en was baie gou by die kampie. Dit het amper soos n oase in die woestyn gelyk, op die kale Kameeldoring vlakte het die groen kol uitgestaan en die grote Kremetarte het van ver af soos standbeelde gelyk. Kraanvoel het ons in gewag en ek wou hoor van die olifant. Dit was n baie groot bul volgens Kraanvoel en hy het effens mank geloop maar was baie aggressief teenoor mense en die regterkanste agterbeen het n hunk stappie gehad en die spoor het ook gesleep. Hy het twee jonges by hom gehad maar hulle was nie regtig n groep nie want dae vantevore het hy ander jonges gehad. Ek het geweet dat ou bulle wat ongeskik was baie male vinnig van askaris verwissel het, hulle humeur het hulle in die steek gelaat en uiteindelik sou hulle heeltemal alleen wees. Hy het die omheining probeer breek en Kraanvoel het hom met warm water gegooi en hy het dood gesweer met sy trompetter voor hy weg is en die grond gekniel en gewys wat hy met die boesman sonder sy water en heining sou doen. Olifante is wat my betref die slimste van die jagbare spesies en hy het mense geken, as hy sy magsvertoon gewys het sou hy dit uitvoer. Kraanvoel moes saam ry en help die bekende spoor vir hom, lees. Hy was te bang, sy vrou het gaan hout haal en die heining byna nie gehaal nie. Die mense wat nog binne die kampie was wou nie weer ry voor hulle nie veilig gevoel het nie. Dit was ook Suid Afrikaners vanaf Port Nolloth en hulle het baie hard weggejaag vir die ou man. Dit het al vir meer as twee weke so aan gegaan en die nomade wat in die kamp langs aan gewoon het was later baie moedeloos vir die ou bul.

Ek het vir Piet gese dat ek geen keuse het as om die bul te skiet nie. Botswana het n baie hoe agting vir sy mense gehad en diere was volop en die bul , wat ook al sy oorsake was sou moes geskiet word. As die tyd en plek hom reg voordoen en as hy sy voete kon gebruik dan kon hy my help. Ek kon hom nie beskerm nie en hy het sy skoene voor in die bakkie aangetrek. Hy sou my help al sou dit ook wat kos. Soos alle ryk manne was hy reg voorberei en het sy voete met n soort blikkie gespuit wat die pyn sou verdoof, die reuk van chloroform het lank in die bakkie gehang en my laat dink aan hospitale. Snaaks hoe reuke n mens kan herinner aan plekke. Kraanvoel het gese dat die bul lang tande het en n slip in sy een oor. Hy het gese dat die bul nie van voertuie hou en baie male hulle in gewag het om baie skeilik voor die voertuig die pad te versper. Ek het vir Bruce op die radio geroep, daar was n voorval waar n vragmotor n bul raak gery het maar die bul was ongedeerd en hy het die bul gesien. Hy het hom beskryf as n groot bul met lang tande en n hap uit die linker oor en die agterbeen was raak gery en hy het lank kruppel geloop en toe verdwyn uit die noordelik deel. Dit kon dan net hy wees wat nou voertuie gehaat het.

Bruce het gese dat n olifant nooit vergeet nie en ek het dit al by so baie jagters gehoor. Hoewel ek al so lank in Botswana was het ek eintlik baie min geweet van olifante en het al n hele klomp geskiet. Tog was Katwindi bykans altyd by en aan die begin was Selby self by wat dan die leiding geneem het. Hy het die more van die fontein verdwyn in die rigting van die panne en ek was dankbaar want dit was minder ruig na die suide kant toe. Jas en Luka het die spoor gaan sien om dit te herken en ons het met die spoor gery deur die Kameeldorings en nader aan die suide het die veld so effens begroeide duine gegee wat ver uit mekaar was en n mens kon goed sien vanaf die hoogste dele na die volgende een wat so n kilometer weg was. Dit was altyd moeilik met die skiet van olifante binne die park want daar was nie bevolking wat dit kon benut nie. Ons het die tande met die kettingsaag uitgesaag en baie male het die klomp vleis net so le en aas geword vir die leeus en hienas. Dit was ook die geval by Wankie in Rhodesie waar daar ook nie bevolking was nie. My grooste bekommernis was dat hy die voertuie kon storm en ons nie gou genoeg kon wegjaag nie. Die bakkies was nie die vinnigste voertuie nie en die veld het nie altyd spoed toegelaat om vir n stormende olifant weg te jaag nie. Hy sou die ruigte opsoek en ons inwag soos hy al met so baie voertuie gedoen het. Ek het werklik vir Katwindi gemis en het gedink dat dit sou beter wees as ek en Luka maar sy spoor sou neem en hom iewers opspoor en dood skiet.

Jas het geweet van n watergat wat in die somer water gehad het en ek wou soontoe ry en gaan kyk want sy spore het in die rigting geloop. Die idee was om te ry en dan as hy daar sou wees ver weg te ry en hom dan te bekruip. Ons sou ook probeer wind af ry want hy kon op ons spoor loop en dan sou hy ons nie ruik nie. Ons was ver van die gat af en Luka het my gestop en hy wou gaan verken, dit was moeilik want dan sou die kamera man van Piet moes bestuur as die ou man sou storm. Ek het besluit om op die rand van n effense duin te stop wat net so biejie hoogte sou gee en die boesmans moes op die dakrakke staan en kyk vir die ou man. Luka is weg en net soos n spook verdwyn en ek het werklik n vrees vir die geslepe olifant gehad en vir Piet gese dat ek lus is om terug te draai en liewer vir Katwindi en vir Temba te gaan haal. Die watergat was seshonderd meter weg in een van die meer oop strate wat tussen die duine hier in die suide sigbaar was. Hoe meer daar suid gegaan word het die veld die meer Kalahari tipe geword en hoer duine gegee en baie droer ook geword. Die belangrikste was om die ou man op te spoor voor hy ons sien en sy hinderlaag le.

Ek het self met die verkyker vanaf die dakrak probeer kyk tussen die bome om iets te sien maar by die water was dit te groen en te ruig en ek het baie soorte wild en selfs leeus gesien maar nie die bekende boggelrug nie. Dit was nou al warm en laat in die more en hy sou dalk al slaap want oor die middag ure het hulle geslaap. Luka het nat gesweet terug gekom en by my op die dakrak kom staan en die olifant was vas aan die slaap net langs die watergat onder n Wildevy. Ons kon hom bekruip maar sou van die suide moes kom want daar was n effense noorde briesie. Hy het gese dat hy hom kon skiet maar hy was bang dat ek sou kwaad wees. Piet wou met seer voete en al saam loop en ek het weer gese dat ek hom nie kan beskerm nie. Hy het verstaan en sy kamera man ook. Ons het besluit om die bakkies net daar te los en is te voet weg op die spoor van Luka en sou onder om die water loop en hom van sy sykant benader. Hy was alleen en geen ander olifante was naby nie. Daar was boomeekhorings wat sou raas en voels by die water en Luka het gese dat dit n lang skoot sou wees, so sestig of meter selfs meer. Dit het my ook gepas en ons planne was agter mekaar.

Ons het weer seker gemaak van die gewere en Luka het my 500 dubbel gehad en Piet syne en ek my 416. Ek het geensins in Piet se voete belang gestel nie en ons is haastig weg en moes n ompad loop om die leeus te mis wat nou ook gele en slaap het. Daar was koedoes ook by die water maar hulle het nie vir Luka gewaar nie en my vrees was dat ander diere ons teenwoordigheid sou verraai. Piet het swaar gekry en ek het hom werklik jammer gekry maar dit was sy keuse en dit was ondraaglik warm en ons het min water by ons gehad, elke man net sy bottel. Toe ons nader kom het ek weer seker gemaak van die gewere en vir Piet gevra hoe ver hy met sy dubbel kon akkuraat skiet want dit sou ver in olifant taal wees. hy het gese net so ver soos my slotgeweer. Ek het gewonder, Luka kon op vyftig meter lemoen grootte groeperings skiet met my dubbel en ek kon op hom staat maak. Die gebied om die gat was redelik yl met bome behalwe hier en daar groot Kameeldorings en n paar Wildevye en Selby het altyd gese dat hulle nie goed kan sien nie en ek het daarop staat gemaak. Skuil plek was min en hy sou ons gou optel as die eerste skote nie getel het nie. Luka het my verbaas en sy meesterskap gewys en ons met n wye halfsirkel gelei en aan houdend die assakkie getoets en weer omgedraai en ons in n ander rigting geneem van skuiling tot skuiling. Hy het gaan sit en my die reuse bul gewys wat nog net daar onder die boom gestaan het. Ons was effens skuins regs voor hom wat n swak posisie was vir enige skoot en te ver, nie minder as sestig meter nie waarvan ek niks gehou het nie. Daar was geen skuiling verder nie en ek het besluit om Piet te vra of hy wou skiet, as hy nie wou nie sou ek vir sy nek gaan. Piet het gese dat hy sy brein kon tref en hy het teen die Kameeldoring gaan staan. Hy sou sy twee skote skiet en dan sou ons skiet. Sy skoot sou moes bo die regter oog in gaan en dan verder vir die brein, ek het nie veel vertroue gehad daarin nie.

Dit was werklik n baie groot bul en ek het nie eens sy mis gesien nie en kon dus nie bepaal hoe oud hy werklik was nie maar die hap in sy oor was duidelik sigbaar en hy het twee baie mooi simmetriese lang tande gehad. Ek het vir Piet gese om sy twee skote so gou as moontlik na mekaar te gooi en dan sou ek vir Luka kans gee en ek sou dan heel laaste skiet en hulle moes vinnig herlaai. Ek het nog met die klein Nikon voor my oe gestaan toe Piet skiet en die olifant het effens geswik toe hy sy tweede skoot skiet wat geen uitwerking gehad het nie en hy agter my sy geweer oopbreek en ek die doppe kon hoor fluit deur die lug. Luka se twee skote het kort op mekaar gevolg op die bul wat nou half dwars gedraai het na ons toe en ek kon sy laaste skoot sien wat vir die hart gemik was en ek het teen die boom aangele en my eerste skoot geskiet op die bul wat nie wou val nie. Toe die skoot loop het ek onmiddelik geweet dat ek te hoog geskiet het. Tog het hy gestruikel en dit het dit moeilik gemaak want sy kop was nou agter baie hoe gras maar sy agterlyf nog regop. Ek het met my tweede skoot vir die ruggraat bietjie verder as die blaaie gegaan wat nou oop was en dit het hom geanker met sy agtervoete wat oop gemaak het.

Ek het nader gehardloop en die steunende olifant op vyf meter voor die kop geskiet en hy het omgeval met die een been wat nog skop en hom nog n skoot gegee. My geweer vol gemaak en lank so gestaan en kyk vir die ou strydros wat sy laaste asem uitblaas. Die wolkie stof voor sy slurp in die rooi sand wat nie wil ophou nie. Luka het met my doppe aan gekom en dit vir my gegee en ek het dit weer in my band om die lyf in gesteek. Piet het eerste gepraat. “ As hy nie honderd pond is nie is hy baie naby Pine.” Die alewige gewig en lengte wat so belangrik was en ek het net gese dat hy baie mooi tande het. Ek het my waterbottel geneem en onder die vye boom gaan sit en my pyp opgesteek en ek kon vir Piet hoor met die kamera man alles bespreek. Hy het sy voete nou vergeet en ek het gewonder waar die foute met die twee 500’s in gekom het, hulle moes tog net so goed of dieper as die 416 gegaan het en tog was die olifant nie dood voor my laaste skoot nie. Ek moes erken dat hy nie reg gestaan het nie en die hoeke moeilik was maar ek het al bulle op snaakse hoeke met die 416 geskiet. Bulle se brein is so groot soos n rugbybal of uitgerysde brood en tog het hy beslis nie n breinskoot gekry nie. Sy reaksie was nie n breinskoot nie. Met n brein skoot sou hy agter ingevou het en sy slurp sou opgeskiet het en hy sou op sy voorbene geval het. My skoot op die ruggraat het my verbaas, sy kop was laag en ek was bang dat hy kon opvlieg en ons skraap en die skoot het sy agterbene laat uitskop. Ek het probeer in stadige aksie alles herleef en vir my self gese dat ek alleen n beter werk hier sou gedoen het. Ek was net te bang en dit was iets wat ek aan moes werk. Katwindi het altyd gese dat een mens wat alleen is n baie beter olifantjagter as n paar mense was. Dit was teen die wet in Botswana om alleen grootwild aan te vat. Jas het met my bakkie aan gesukkel gekom en Luka het die ander een loop haal en ek was bly dat die bul plat was.

Ek het my mes vir Sixty gegee en gese hy moet vir my dun riete gaan sny en soos sy pinkie gewys. Die bul het op sy linker sy gele en ek wou sien waar die skote heen was. Piet se eerste was voor die brein deur en sy tweede bokant die ore deur en dit sou geen skade doen nie. Katwindi se eerste was n nekskoot maar te hoog en sy tweede was n volle hartskoot. My eerste skoot was hoog in die kop en effens skuins maar ek kon die rietjie baie diep insteen en ek het beslis die rugmurg geraak. Die tweede het die rug morsaf geskiet en die punt van die riet het na pensmis geruik. My derde en vierde wat ek so naby was, was reg. Ek kon die rietjies baie diep in die kop insteek, baie beslis dieper as die brein. Piet se kamera man het alles afgeneem en ek wou net seker maak waartoe die kalibers werklik in staat was. Die 500’s kon nie die diepte op die sesifiek bul penetreer wat die 416 gedoen het nie. Piet wou my egte Riby koop, hy was nie te koop nie hoewel ek twee 416’e gehad het.

Ons het met kettingsaag die tande uitgesaag en hulle was werklik lank en die voete afgesaag en die stert en die boesmans het die slurp vir hulle gelaai en ek wou ry want dit het begin laat word. Piet was nou sonder sy skoene voor in die bakkie en ek kon sien dat sy voete gaar was. “ Piet ek het op ses plekke laat aas uitsit vir luiperds, ek dink dit moet maar jou volgende doel wees tot jy weer mobiel sal wees. Dit is reg so Pine, wat wil jy he vir jou Rigby? Ek het twee Piet, soos alles is hulle ook te koop, maak my n aanbod en ek sal dink daaroor, maar jy mag net een aanbod maak. Jy ken my Piet, ek verdra nie kansvatters nie. Ek sal gaan le en dink Pine.”

Ons het laterig maar nog met sonskyn by die huis gekom en John Gleeson het op my dek gesit en gesels met Jeannie, ek het haar gaan groet, hy het nie goed gelyk nie, baie bleek en swak. Die dokter het my gese dat hy n paar dae sou swak lyk en dan weer beter sou word. Temba het kom vuur maak en Jeannie was saam met die nonne Makuku toe en ons kon slag groente eet saam met die vleis. Bruce het gekom en Jan Hugo en die gewone aandberaad het begin.

Die taksidermis manne het vir Piet geroep en gese dat die een tand 93 weeg eb die nader een 87 na hulle klaar was met hulle, dit was nat gewig en ek het nooit opgeskryf hoeveel die goed verloor as hulle uitdroog nie. Hulle was nie 100 lbs nie maar hy sou nie n mooier paar kry nie. Tog was dit die staat se tande want dit was n probleem olifant. Hy kon hulle koop as hy wou. Hy het ook.

3 Maart 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed