Die ystervark pen leeu
Jeannie het my laat, later as gewoonlik gemaak slaap met al die persente en alles wat haar ouers gestuur het en by my het n man van Rhodesie geslaap wat se naam Steve Edwards was. Hy was n ou tsetse jagter en ook n grootwild jagter van werklike formaat en die woelinge in sy land het hom ook persoonlik geraak. Hy het kom werk soek en die minister, Peter Wiliiams het hom na ons verwys. Steve sou n wondelike aanwins wees in enige jag opset en ek het onmiddelik gedink aan die einde van 1977 toe ek naarstiglik moes rondval om my twee jagters te vervang wat die land sou verlaat. Ek het aan die Serapa konsessie gedink wat Noel Wood en Paul Kruger tesame met ons Wankie gedoen het en dit was n bekende deel vir hom want hy was betrokke aan hulle kant van die grens saam met Don Heath. Hulle het baie olifante uitgeskiet en dit het gemaak dat daar so n geweldige toestroming na ons kant was. Bruce Kinlock het hom kom groet, hulle het mekaar geken. Ek het nie raad gehad nie, hier was n man wat honderde male meer kennis as ek gehad het en sy land was besig om voor sy oe te verdwyn. Die suidelike dele van Zambie en Angola en die noorde van die ou Suid Wes was nie die beste jagplekke meer nie en die res van Afrika was nog minder. Ek kon die man nie laat gaan nie. Sulke kennis kom net een maal, tog het ek nie plek gehad vir hom nie.
Almal het geweet dat ek nege uur saans gaan slaap en lank voor skemer wakker sou wees. Ek het vriendelik verskoning gemaak en gaan bad en gaan le. Jeannie wou nog gesels en kekkel en ek het gese dat ek haar sou kom roep teen vyfuur die more. Dit het haar afgeskrik en ek kon hoor hoe sy met die nagape gesels en vir Bruce en Steve op die dek hoor maar ek was moeg en wou geen moee besluite neem nie. Tog het ek rond gerol maar kon nie n oplossing kry nie en later genadiglik aan die slaap geraak. Ek was op die dek toe dit nog skemer was en Luka en Katwindi het saam kom koffie drink en later Xolile en Temba. Ons het gepraat oor die leeu en ek wou graag die mannetjie gaan verlos en my gedagte so bietjie vrye teuls gee. Luka het vir Steve geken en sy woorde het net die beste uit gebring, hy was onder die grotes van die manne getel. Hy het ook vir Ian Nyscchens geken wat ek ook ontmoet het en vir wie ek die grooste respek as jagter van alle jagters, Selby ingesluit gehad het. Ek het gese dat Steve werk soek en hulle moes my help dink aan iets want dit was hulle landgenoot. Hulle het gese dat ons vyf saam die leeu moes gaan soek en ons sou op n antwoord uitkom. Ons sou met twee bakkies ry en nie boesmans saam neem nie, ek en Luka sou sy spoor onthou. Spore lees was vir my van my grensdae en tot van dag nog een ding wat my altyd sal fassnieer. As ek by n boer se water kom sal ek eers probeer die spore lees en dan gesels. Ek het werklik n fyn studie probeer maak en met so vele leermeesters wat hier volop was en ek wat wou dit leer want dit was soos n legkaart wat nooit sou ophou nie tot jy die laaste blokkie gepak het.
Jeannie het nog geslaap en die honde het gesoebat maar ons vyf is weg met die bakkies en ek het in die vyf manne saam met my die wereld se vertroue gehad. Ek het het dit selfs oorweeg om my geweer te los en net saam te loop. Tog het die 8mm geneem en die 416 in die bakkie gelos. Dit was nog baie vroeg in die more en toe ons die spoor kry wou ek my bietjie los maak en het op die spoor gaan draf. Hy was swaar kruppel in sy linkervoorbeen en het net die grond liggies geraak en met die regter en het hy diep getrap. Sy bek het gekwyl en ek kon dit duidelik lees. Die linkerbeen het ook effens gesleep en die naels se agterkante was duidelik sigbaar. Hy was op pad na n water wat ek geken het en dit was naby. Dit was ruie watergat wat ons Rietfontein genoem het en ek het die draf so bietjie opgetel met die geweer oor die skouer. Ek kon al die hoe bome sien en het die bakkies gestop en ons sou nader gaan. As daar vier jagters was, was ek nie versigtig nie en ook nie bang vir wat by die water was nie. As die leeu daar sou wees sou ons hom klop of anders sou ek of die ander sy spoor hou en hom moeg hardloop. Ek kon hom nie gewaar nie, hy het by n dooie koedoe gaan vreet maar daar was nie veel oor nie en ek het sy spoor weer opgetel en ek het geweet dat die volgende water so ses myl weg was. Ek was lus vir die veld en baie minder lus vir skiet en meer lus om die Matabeles te wys dat hulle my nie verder sou belieg by spore nie. Ek het sy spoor gehad en hy sou my nie afskud nie. Ek het my geweer by die bakkie gelos en soos byna met n grens operasie net met die rugby broekie en hemp op die spoor gedraf en ek kon dit lees soos n boek. Dit het my absolute genoegdoening gegee. Hy het nou sterk gedraf en sy seer poot het dieper getrap as vroeer en ek het geweet dat hy my nie sou ontwyk nie.
Ek het gaan water drink by die bakkie en Luka wou my aflos, ek het gese dat hy nog so bietjie moes wag. Temba het gese dat hy nog n witman moes kry wat so kon draf op n spoor. Baie spore het die spoor oorkruis maar ek het net die weglepoot met die naels wat sleep gesien en die een agterpoot het ook effens swaar begin kry. Ek het die leeu intens jammer gekry en my gedagtes het soos so vele male begin afdwaal, ek was jonk en fiks en lus vir die lewe en baie male was die gedagte dwaling byna my ondergang. Omdat die werk so baie dae so vol was het my gedagtes te veel gedwaal en ek het gedink so in die draf hoe ek Steve Edwards gaan akkomodeer en wat ek sou doen. Luka het getoeter agter my en ek het gestop. Hy het my soos n boek geken. Hy kon sien ek was nie meer by my werk nie, hy sou nou verder draf. Ek en Katwindi het beide agter op die bakkies gestaan met gewere en Luka het gedraf en ek was lus vir die veld en sy diere en ek wou my gedagtes skoon kry en die leeu verlos voor hienas die adelike dier sou dood martel. Ek het die leeu gesien en hy sou nie sy lewe vir aasdiere gee nie.
Ons was so halfpad tussen Rietfontein en n plek met die naam van Lekkerle wat ook so op die kaart genoem was toe Luka stop. Die leeu was naby en hy was moeg. Sy kwyl het geloop en hy sou begin hardegat word. Beide sy agtervoete het begin sleep en dit was nou vyftien myl van waar ons die spore begin vat het en sy slaap plek gekry het tot nou waar ons was. Hardegat leeus het ek geken en ek het werklik geroem daarop teenoor myself dat ek nie vir leeus bang was nie, ek het geglo dat ek hulle na so vele slae kon voorspel. Hy sou skuil want hy het die bakkies gehoor en sou n ruigte opsoek. Hy was moeg en hy het seer gehad en ek het geweet dat hy nie sou wou baklei nie. Hy was net nie in staat daar toe nie. Hy sou diep wegkruip en hy sou wou uitgehaal word. Ek het dadelik besef dat ek die honde wat so gesoebat het die oggend moes gelaai het. Ek wou nie die leeu jag nie, ek wou net genade dood toepas.
Leeujag sal altyd een van my beste jagte wees. Seker omdat hy die koning is en vir elke mens n groot mate van vrees ingeboesem het. Hy was die meester van sy gebied en die groot troppe wat ons in die Chobe gehad het was werklik byna asemrowend. Om op so n trop se spoor te kon geloop het moes jy jou broek reg vas gemaak het. Die boesmans sou nie hier gedeug het nie. Dit was n plek vir ware jagters en ook vir mense met deernis vir die koning van die natuur. Baie mense gaan kyk na plekke waar diere deur diere verskeur word of aan stukke geruk word of net bloot verwurg word. Dit was nooit vir my aanvaarbaar nie. Dit was die natuur in sy eie glorie en met hulle eie wreedheid sou hulle hulle kinders groot maak. Dit was vir my wreed, vir hulle was dit net n dag van kosmaak en miskien kantoor werk. Dit is en sal altyd moeilik wees vir my om dit as normaal te aanvaar en ek het dit duisend male gesien, nooit daarvan gehou nie. Dit is maar soos ek voel, baie voel baie anders.
Luka het terug gekom want hy kon die leeu hoor grom tussen die palms en ek het die 8mm se teleskoop afgehaal en met die geweer op veilig die mannetjie hoor raas en my waarsku agter die palms. Ek het die geweer met my lewe vertrou en soos altyd was Katwindi naby my met sy 404 en ek kon die leeu sien en het in Matabele gese “Bulala!” en sy skoot het die mannietjie laat le en ek het weggeloop en by n Maroela my pyp gaan opsteek en ek was hartseer. Ek het ver gedraf en nog nie n oplossing vir Steve Edwards gehad nie. Jeannie het geroep op die radio en ek het met n dun stemmietjie gese dat die leeu dood was.
Hy was oortrek van die vark penne en baie ontsteek maar n wonderlike trofee, ek het gewonder hoekom dit gebeur het. Ons het rustig terug gery na Nyati en ek moes nog dink wat ek sou doen en hoe ek my moes aanpas. Ek het vir Kabous my maat in nood geroep, hy sou die aand by my kom slaap.
19 Mei 1978