Die Minaret
Die Minaret
Die minaret
rank slank en pik ‘n net
klein kus fyntjies
na die sterretjies
met ‘n spits tuit bekkie
en skalkse kykie
om bedags weer teen die blou
lug streng en getrou
as vingerwysing
te dien vir gesiene en gering …
Lank na hanekraai
as daglig stadig lamppit opdraai
deurklief vanuit die minaret
die aanroep tot Mahomed …
Janetta – Helena [Babs]©
(‘n Google foto)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.