Sonhoop
En toe …
toe, was die lug
toe die hemelblou in haar oë
sonverlore raak in die mis
daaragter, haar wolksag wimpers
herberg sy hartsverlore in digte mis
maar onder haar wol(k)kombers
vind sy dog sonderling, rus
want, die (ge)mis word soos skemerduur
voor sonstraalglim
van korte uur
toe son se soekarms haar bemin
Elizabeth
3 Kommentare
-

Wendy Leigh
Besonders mooi geskryf❤️, baie dankie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek